NewsSchool sportSchoolsSport

Nog ’n wen vir Jansen se eerste rugbyspan

Die Tuks Skole-reeks het op 12 Maart sy tweede rondte groepwedstryde gehad met Hoërskool Dr EG Jansen wat weg teen Hoërskool Garsfontein meegeding het.

Die naweek se wedstryde het net weereens bewys dat Dr EG Jansen verseker in die ‘groep van dood’ is saam met Garsfontein, Menlopark en Marais Viljoen.

Die eerste rugbyspan het gewys dat hulle verseker ’n aanspraakmaker om vanjaar se Tuks Skole-reeks titel gaan wees deur die huidige Beeldtrofee kampioene met 40-33 op hul eie veld te troef.

Drieë is gedruk deur Rehann Baumann, Dylan Engelbrecht, Lee-Irvin Andries (2), Franklin Wagner en Gerhard van der Nest. Ginter Smuts het met vyf uit ses doelskoppe geslaag.

Die volledige uitslae is as volg (EG Jansen resultate eerste, gevolg deur Garsfontein):

Rugby:

O-16A 7–29, o-15A 36–14, o-14A 8–20, tweedespan 10–22, o-16B 15–12, o-15B 0–12, o-14B 20–5, derdespan 5–10, vierdespan 0–38 en o-14C 15–17.

Netbal:

Eerstespan 15-30, o-17A 9-31, o-16A 7-31, o-15A 3-31, o-14A 15-13, tweedespan 12-20, o-17B 1-37, o-16B 4-36, o-15B 3-54 en o-14B 5-14.

Dogtershokkie:

Eerstespan speel gelykop 2-2, o-16A 0-7, o-15A 0-4, o-14A 0-3, tweedespan speel gelykop 1-1, o-16B 0-4, o-15B 0-3 en o-14B 0-1.

Seunshokkie:

Eerstespan 0-4, o-16A 0-3 en o-14A 0-8.

Related Articles

Back to top button