Helpende Hand ondersoek Afrikaanse graadeens se klaskamers

Solidariteit Helpende Hand het onlangs ’n studie onderneem om te bepaal wat die situasie in Suid-Afrika se graadeen-klaskamers is.

Volgens Marlien van der Westhuizen is Helpende Hand nóú betrokke by die opvoeding van Suid-Afrika se kinders deur hul Kosblikkie- en Skooltassie-projekte.

“Dus wil ons met die studie uitvind hoe om die skole beter te ondersteun,” het van der Westhuizen gesê.

“Meer as 200 vraelyste is uitgestuur na Afrikaanse skole en die graadeen- / graad R-onderwyser moes dit invul.

“Die doelwit van die vraelys was om uit te vind watter uitvalle gereeld onder die graadeens voorkom en hoe die onderwysers dit aanpak.”

Volgens die studie is die volgende bevind:

 Volgens die studie is die grootste leerprobleem vir graadeens perseptuele uitvalle, gevolg deur gedragsprobleme en motoriese uitvalle,

Die top beroep vir kinders is steeds ʼn dokter/verpleegkundige in die mediese veld, gevolg deur onderwysers, polisie, brandweerpersoneel en die vermaaklikheidsbedryf.

‘n Volledige verslag oor die graadeens se klaskamer is beskikbaar op www.helpendehand.co.za.

“Die inligting is gebruik om seker te maak dat Helpende Hand se Skooltassie-projek relevante sowel as broodnodige inhoud aan behoeftige graadeens regoor die land kan voorsien,” het van der Westhuizen gesê.

“Die Skooltassie-projek ook om skooltassies met skryfbehoeftes aan 4 700 behoeftige graadeens te skenk.  Daarby help die Kosblikkie-projek om op ’n daaglikse basis kos aan ongeveer 4 500 kleuters te voed.

“Die Skooltassie-projek is ook trots om Bakkies Botha te verwelkom as die trotse ambassadeur van die projek. Om bewustheid te skep het Botha ’n groep van nege graadeens geleer hoe om ’n eg Afrikaanse Haka te doen.

“Die punt van die Haka was om die  storie van die inhoud van die tassie te vertel en hoe dit die graadeens se probleme aanspreek.”

Volgens van der Westhuizen, die Helpende Hand Skooltassie bevat Unifix-blokkies en ’n legkaart, sowel as ’n witbord waarop daar geskryf kan word.

“Hierdie items oefen hand-oog koördinasie en stimuleer die ontwikkeling van motoriese en perseptuele vaardighede.”

Enige persoon kan help om seker te maak dat hierdie tassies in die toekoms steeds by behoeftige kinders uitkom. SMS “Tassie” na 38969 en skenk R10 of besoek tassie.co.za en borg ’n volledige tassie vir R250.

Kyk ook na die video: https://www.facebook.com/helpendehand/videos/939496132795914/

Exit mobile version