WYS DAT JY OMGEE: 30 Kerswense oor 30 dae!

Dit is amper Kersfees en Solidariteit Helpende Hand wil mense se Kerswense bewaarheid.

Volgens Marlien van der Westhuizen, mediaskakelbeampte van Solidariteit Helpende Hand, kan die publiek nou mense nomineer om hul wense waar te maak.

“Oor die volgende 30 dae sal 30 wense ter waarde van R1 000 elk gekies word,” het van der Westhuizen gesê.

“Vanaf Vrydag, 13 November tot 15 Desember kan Kerswense op Helpende Hand se Facebook-blad geplaas word vir oorweging.

“ʼn Ekstra bonus is dat Helpende Hand se agt streke elk ook die geleentheid het om elke week ʼn wens van R1 000 uit hul streek te bewaarheid.

Volgens Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, is dit ‘n kans om terug te gee.

“Ons het heel jaar mense gehelp wat in nood verkeer. Nou kry ons egter die geleentheid om mense se drome waar te maak. Dit is ʼn baie spesiale geleentheid,” het Brink gesê.

“Dalk ken jy ʼn bejaarde wat baie graag vir sy of haar familie wil gaan kuier, maar nie ʼn vliegkaartjie kan bekostig nie.

“Dalk weet jy van ʼn kind wat ʼn fiets benodig, maar die familie kan dit nie bybring nie, of ʼn sopkombuis wat dringend niebederfbare voedselprodukte benodig, of ʼn ouetehuis wat komberse vir hul inwoners wil gee.

“Wat ook al die behoefte, jy kan daardie persoon of instansie nomineer om hul Kerswens tot en met die waarde van R1 000 te bewaarheid!”

Besoek vandag nog www.facebook.com/helpendehand/ en nomineer ʼn persoon wat dit werklik verdien. Wenners sal op sosiale media aangekondig word.

Vir meer inligting kontak vir Michelle Burger op 012 644 4390, of stuur ʼn epos na michelleb@helpendehand.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version