Local newsNews

’n Kleurlose collage vir vriend Koos

Bekende Boksburg kunstenaar en digter, Barry de Villiers, dra een van sy nuutste kunswerke op aan, een van sy jarelange vriende, die bekroonde sanger en oud-Boksburger Koos van der Merwe.

De Villiers en van der Merwe is reeds sedert die vroeë negentigerjare vriende.

Die kunswerk is ’n groot abstrakte collage wat wemel van donker en aardse kleure, wat de Villiers as ‘kleurlose kleure’ beskryf.

Die gebruik van die kleure sluit aan by de Villiers se inspirasie ‘n Franse boek, Vol de Nuit oftewel Vlug van die Nag.

Vol de Nuit vertel die wedervaringe van ’n lugpos vlieënier en is ’n deurlopende tema in de Villiers se kuns- en digwerk.

Volgens de Villiers was die skep van die collage ’n lang en ingewikkelde proses waartydens hy verskillende mediums gebruik het.

“Ek het baie geëksperimenteer met papier, spesifiek om te sien wat gebeur as daar ’n sekere kleur op die verskillende teksture van papier kom.”

De Villiers het verskillende mediums soos kombuispapier met elementêre metodes gekleur deur koffie, skrywersink, akrielverf en kleurstof te gebruik.

De Villiers beskryf die collage as ’n abstrakte werk wat baie op kuns vanuit die sewentigerjare trek.

Met enige abstrakte kunswerk wat de Villiers aanpak, maak hy nie gebruik van ‘accidental effects’ soos die meeste kunstenaars glo doen nie. “Dit moet gestruktureerd wees en ontwerp word.”

Wanneer Van der Merwe, wat bekendheid verwerf het as lid van die Christelike sangpaar Prophet, by die Atterbury Teater optree, stal de Villiers altyd sy kunswerke in die portaal uit.

Van der Merwe is glo ’n kunsversamelaar en het heelwat van sy kunswerke.

De Villiers sal waarskynlik tydens sy volgende ontmoeting met Van der Merwe die kunswerk aan hom oorhandig of dit sommer met die ‘posduif’ stuur. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button