Eienaar byna Waldorf-eenheid kwyt

Die eienaar van ’n eenheid in The Waldorf-kompleks, in Boksburg, was stomgeslaan toe sy twee maande gelede by haar eenheid opdaag en besef dat ’n buitelandse gesin daarin getrek het.

Sy meen die gesin was egter net so verbaas toe hulle uitvind dat sy die wettige eienaar van daardie eenheid is.

Volgens haar het die gesin glo nie geweet aan wie hulle hul huur betaal het nie – hulle het dit net in ’n rekening in betaal.

Die eenheid was aanvanklik glo gelikwideer toe sy dit van die bank oorkoop.

“My eenheid se water en elektrisiteit was omseil en my buurvrou het gesien hoe iemand die slotte van my eenheid kom verander,” het die eienaar, wat anoniem wil bly, gesê.

“Sy (die buurvrou) het gedink ek het iemand gestuur om dit te doen, maar toe sy weer sien, het iemand anders daar ingetrek.”

Die eienaar het glo vir regsadvies gaan aanklop en die situasie aan die huisagent, deur wie sy gewerk het, en die bank oorgelaat om uit te sorteer.

Na bewering het die hele proses om die gesin uit haar eenheid te sit’n maand geduur.

“Ek het sleggevoel om dit te doen, aangesien hulle nie behoorlike meubels en beddens gehad het nie, maar ongelukkig was dit iets wat ek moes doen.

“Ek kan net nie verstaan hoe dit gebeur het nie,” het die eienaar gesê. – @IschkeBoksburg

Verwante artikels:

Kongolese bedreig glo eienaars en agente

Eveleigh Estate se Kongolese-inwoners stel hul mening

Eveleigh Estate sukkel glo met prostitusie, finansiële probleme

 

Exit mobile version