Editor's choiceLocal newsNewsUpdate

Eveleigh Estate se Kongolese-inwoners stel hul mening

Die Kongolese-inwoners wat glo ’n aantal Eveleigh Estate-eenhede sonder toestemming bewoon, beweer sulke aantygings is onwaar.

Hulle vertel dat ’n spesifieke huisagent gelikwideerde eenhede aan hulle verhuur en die geld dus in haar eie sak steek.

Volgens dié huisagent het die Kongolese die deure van ongeveer 45 eenhede in die kompleks oopgebreek en hulself sedert Oktober, verlede jaar, onwettig gehuisves.

Hierdie inwoners betaal na bewering ook nie vir water en elektrisiteit nie, want die voorafbetaalde meters in die eenhede is omseil.

“Niemand het hierdie eenhede gekaap nie,” het een van die Kongolese inwoners gedurende die Advertiser se besoek aan die kompleks, gesê.

“Ons volg die Suid-Afrikaanse wette.”

Die inwoners het dokumente aan die Advertiser gewys wat aandui dat hulle toestemming het om die eenhede te beset.

Na bewering is die huisagent die persoon wat hierdie inwoners in die eerste plek in die eenhede toegelaat het.

Die inwoners het vertel dat hulle aanvanklik hul huur betaal het, totdat hulle uitgevind het dat die eenhede waarin hulle woon gelikwideer is.

Dus, volgens hulle, is daar geen wettige eienaar aan wie die eenhede behoort en aan wie hul huur oorbetaal word nie.

Die inwoners is dus ongelukkig dat hulle steeds huur moet betaal vir eenhede wat glo gelikwideer is.

Hulle meen ook daar is geen bewys van wie die wettige eienaars van die eenhede is nie.

“Hier was al ‘n paar ‘vals’ eienaars,” het ’n inwoner gesê.

“Ons sal hof toe gaan sodat die eienaarskap bewys word.”

Inwoners wat hul eenhede deur ander huisagente huur, betaal glo wel nog hulle huur.

Een inwoner het aan die Advertiser vertel dat hy in Februarie ’n brief van die bank ontvang het, wat sê dat die eenheid waarin hy woon deur die bank teruggeneem is.

’n Aantal inwoners het na bewering soortgelyke briewe ontvang.

Die bank het ook glo kom ondersoek instel by die kompleks.

Daar is gesê dat hierdie huisagent ook al gedreig het om van hierdie Kongolese uit te sit.

Die Kongolese inwoners het ook gesê dat hulle nie die voorafbetaalde elektriese meters in die kompleks omseil het nie, soos deur die huisagent beweer.

’n Inwoner het vertel dat dié huisagent op ’n keer die meters geblok het.

Volgens die Kongolese is die gerugte dat hulle huisagente, eienaars en ander Suid-Afrikaanse kompleks inwoners dreig, onwaar.

“Die groot probleem is ons leef onder groot verwarring met huisagente en sogenaamde eienaars,” het ’n ander inwoner gesê.

“Ons is veronderstel om met die bank te baklei, nie met die agente nie. Al wat ons vra is dat die agente vir ons kan bewys wie die wettige eienaars is, dan sal ons betaal.”

Volgens die huisagent om wie al die klagtes draai, het sy wel bewyse van wettige eienaars van die eenhede wat sy verhuur.

Na bewering het sy hierdie aan die Kongolese gewys.

Sy het ook aan die Advertiser gesê dat sy geen gelikwideerde eenhede op haar boeke het nie.

Dié huisagent het reeds op ’n vorige geleentheid aan die koerant gesê dat sy die eenhede wat gekaap is se elektrisiteit afgesit het, maar sy het dit weer laat aanskakel. – @IschkeBoksburg

Verwante artikels:

Kongolese bedreig glo eienaars en agente

Eienaar byna Waldorf-eenheid kwyt

Eveleigh Estate sukkel glo met prostitusie, finansiële probleme

Related Articles

Back to top button