NewsSchool sportSchoolsSport

EG Jansen se rugbyspan gekroon as Tuks-reeks kampioene

Die Hoërskool Dr EG Jansen se eerste rugbyspan het vanjaar as kampioene weggestap, in die Tuks Skole Reeks.

Die eerste rugbyspan het op Saterdag, 9 Mei, op die LC de Villiers sportgronde, in Pretoria, vir die Hoërskool Monument in die finale rondte van hierdie reeks met 29-17 geklop.

Vier drieë is onder andere deur EG Jansen se Rouxbann Bauman, Xander Crause, Ginter Smuts en Franklin Wagner gedruk.

EG Jansen het in Maart, tydens die uitspeelwedstryde, met 18–8 teen Monument verloor.

“Om in die finaal teen Monument te wen is ’n groot prestasie en ons is baie opgewonde daaroor,” het EG Jansen se eerstespan rugbyafrigter, Reghardt Botha, gesê.

“Dit was ’n baie fisieke wedstryd en ’n besonderse spanpoging het tot die wen bygedra – al 23 spelers het hul kant gebring.”

Ander EG Jansen Tuks-rugbyfinaal uitslae was:

* O-14A wen 36–14 teen Kempton Park.

* O-15A wen 29–0 teen HTS Middelburg.

* O-16A wen 35–10 teen Rustenburg.

Dr EG Jansen se rugbyspanne het algeheel vierde in die Tuks Skole Reeks geeïndig. Sestien skole het deelgeneem.

q EG Jansen het algeheel 10e in the reeks geëindig. Agt verskeie sportsoorte, naamlik rugby, hokkie, netbal, golf, skaak, muurbal, landloop en tennis, regoor alle hoërskool ouderdomsgroepe, het bygedra tot die totale punte aangeteken in die reeks.

Lees meer:

EG Jansen se atlete neem deel aan SA Skolekampioenskappe

Taai stryd vir EG Jansen teen Monument

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button