NewsSchool sportSchoolsSport

EG Jansen se atlete neem deel aan SA Skolekampioenskappe

Tydens die vakansie het drie van die Hoërskool Dr EG Jansen se top atlete aan die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe deelgeneem.

Die atlete is:

* Jacqueline Lourens – meisies o-15 90m hekkies (algeheel vierde).

* Nanel Phillipson – meisies o-17 hammergooi.

* Caleb Beukes – seuns o-15 3 000m (val tydens wedloop).

Beukes het, ten spyte van sy teleurstelling tydens dié kampioenskappe, uitsonderlik presteer deur algeheel tweede in die SA Klubkampioenskappe te eindig, in dieselfde item.

Skole-reeks

Die Hoërskool Dr EG Jansen het op 18 April in die kwartfinaal van die TuksSkole-reeks wedstryde, by die Hoërskool Centurion, teen verskeie skole te staan gekom.

Die volledige uitslae is as volg (EG Jansen uitslae eerste):

* Rugby

Eerstespan wen met 35-15 teen Eldoraigne; o-16A speel gelykop 10-10 teen Eldoraigne; o-15A verloor 8-22 teen Rustenburg; o-14A wen 74-7 teen Rustenburg.

* Netbal

Eerstespan verloor 24-27 teen Eldoraigne; o-17A verloor 4-26 teen Eldoraigne; o-16A verloor 5-29 teen Eldoraigne; o-15A verloor 11–21 teen HTS Middelburg; o-14A verloor 10-14 teen HTS Middelburg.

* Dogtershokkie

Eerstespan wen 11-0 teen Klerksdorp; o-16A wen 5–1 teen HTS Middelburg; o-15A wen 1–0 teen HTS Middelburg; o-14A wen 1-0 teen Eldoraigne.

* Seunshokkie

Eerstespan verloor 1-6 teen Klerksdorp; o-16A verloor 0-5 teen Rustenburg.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button