NewsSchool sportSchoolsSport

Taai stryd vir Baanbreker, Goudrand in Spur 16-reeks

Die Hoërskool Oosterlig het op 13 Maart die eindrondte van die jaarlikse Spur 16-sportreeks aangebied.

Sestien laerskole van die omgewing se eerste rugby- en netbalspanne het aan verskillende uitdunne deelgeneem waarna die verskillende wenners in hul onderskeie ouderdomsgroepe Vrydagmiddag teen mekaar te staan gekom het.

Skole wat deelgeneem het is die Laerskole Elspark, Oosterkruin, Dalview, Kruisig, Selection Park, Jan van Riebeeck, Orion, Die Arend, Van Riebeeck Park, Northmead, Rynfield, Baanbreker, Tini Vorster, Generaal Alberts, Delville Goudrand en Elsburg.

Toeskouersgetalle het daarop gedui dat dit die suksesvolste Spur 16-reeks nog ooit was.

Boksburg laerskole het soos volg presteer:

Rugby:

* Baanbreker verloor 12-13 teen Rynfield.

* Goudrand wen 19-5 teen Generaal Alberts.

Baanbreker het sesde geeïndig in die Skild-afdeling en Goudrand sewende in die Plaat-afdeling.

Netbal:

* Baanbreker verloor 9-14 teen Dalview. Baanbreker het agtste geeïndig in die Plaat-afdeling. – @IschkeBoksburg

Related Articles

Back to top button