Chinique Joubert was een van die sterre by die byeenkoms.
Sy het goud verwerf met hoogspring in die meisies o-15 kategorie (B-liga) en ’n hoogte van 1.55m gespring.
Jacques Vosloo het ‘n derde plek behaal met spiesgooi in die seuns o-19 kategorie (B-liga).
Hy het ’n afstand van 50.14m gegooi
Atlete van top skole in die Noord-Kaap, Noord-Wes en Gauteng provinsies het aan hierdie gesogte byeenkoms deelgeneem.