Pietie Coetzee maak Oosies se hokkiespelers touwys

Die wêreldbekende Pietie Coetzee het die Hoërskool Oosterlig se hokkiespeelsters op 26 Februarie touwys gemaak in nuwe vaardighede wat hul teenstanders op die veld sal laat sweet.

Coetzee het Suid-Afrika in die 2000, 2004 en 2012 Olimpiesespele verteenwoordig. Sy is in 1997 en 2002 as die Suid-Afrikaanse Hokkiespeler van die Jaar aangewys.

Sy is ook in 2011 aangewys as die hokkiespeelster wat die meeste doele in internasionale vrouehokkie aangeteken het – ‘n totaal van 221 doele, waarmee sy ‘n 20-jaar rekord gebreek het.

Pietie Coetzee (regs) saam met een van die afrigters, Melissa Bates.
Exit mobile version