NewsSchools

Matrikulante by Elspark steeds sonder handboeke

Die eerste kwartaal is amper op sy rug, maar daar is steeds skole waar matrikulante nie met handboeke toegerus is nie.

Die dogter van ’n Boksburg inwoner, wat graag anoniem wil bly, is onder die akademiese top 10 graad 12 leerlinge te die Hoërskool Elspark.

By hierdie skool is daar geen teken van enige handboeke vir die finale jaar skoliere nie.

“Ons betaal R13 000 aan skoolfonds, maar ons kry absoluut geen vreugde uit hierdie skool nie,” het die bekommerde ma gesê.

Vir tyd en wyl is ou sillabus handboeke aan die leerders verskaf, afskrifte van handboeke is gemaak, en daar word van die bord afgeskryf.

Die ma het vir haar dogter boeke aangeskaf.

Die dogter leen ook handboeke by Hoërskool Oosterlig skoliere.

Die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) is bewus van die tekort aan handboeke by die Hoërskool Elspark.

Volgens die GDO woordvoerder, Phumla Sekhonyane, het die departement bestellings geplaas om op te maak vir die tekort aan handboeke.

Die aflewering van boeke by die skool was geskeduleer vir die einde Februarie, maar geen handboek het opgedaag nie.

“Voorlopige maatreëls is in plek gestel om te verseker dat onderrig by die skool nie in gedrang is weens hierdie tekort nie,” het Sekhonyane gesê.

“Die skool maak afskrifte van slegs relevante afdelings vir huidige lesse en versprei dit aan die leerders wat nie boeke het nie.” – @IschkeBoksburg

Related Articles

Back to top button