Daar was 178 matrieks wat die eksamen afgelê het. ’n Slaagsyfer van 99.42 persent is behaal en 61 persent van die leerlinge het toelating tot ’n BA-graad verwerf.
Die toppresteerders is:
n Chantay Jaftha het vyf onderskeidings ontvang, vir Afrikaans eertse addisionele taal, lewensoriëntering, besigheidstudies en fisiese wetenskappe.
n Perseverance Mashinini het vyf onderskeidings behaal vir Afrikaans eerste addissionele taal, rekeningkunde, lewenswetenskappe en fisiese wetenskappe.
n Thabo Thwala het vyf onderskeidings ontvang vir Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, lewensoriëntering, geografie en lewenswetenskappe.
n Daneve Blooms het vier onderskeidings ontvang, vir Afrikaans eerste addissionele taal, lewensoriëntering, geografie en lewenswetenskappe.
n Liam le Roux het vier onderskeidings ontvang, vir Afrikaans eerste addisionele taal, lewensoriëntering, rekeningkunde en besigheidstudies.
n Nokuthula Mahlangu het vier onderskeidings ontvang, vir Afrikaans eerste addisionele taal, lewensoriëntering, geografie en lewenswetenskappe. – @IschkeBoksburg