AGS Brandpunt bedank ‘engele’ wat behoeftiges help

Sedert September vanjaar skenk North Point Spar verversings aan die AGS Brandpunt Gemeente wat dit dan terselfdertyd aan behoeftiges oorhandig.

Hierdie verversings van Spar word hoofsaaklik aan die 230 bejaardes woonagtig in Scrubanti Haven, uitgedeel.

Volgens Rosa Herbst is dit danksy Denise Curry dat Spar aan boord gekom het.

“Dit is baie lekker om te kan help. Ons weet dit word vir ’n goeie doel gebruik, daarom help ons waar ons kan. Ons is ’n Spar vir ons gemeenskap,” sê North Point Spar bestuurder, Herman du Preez.

The Pastry Box skenk al vir ongeveer ses maande pasteie aan die AGS Brandpunt Gemeente. Die pasteie word onder andere tussen kindertehuise, Scrubanti Haven en die karavaanpark vir minderbevoorregtes, verdeel. In die foto is (van links) Charl van der Linde, Ivy Rakgalakane (pastei maker), Maria Georgiou (bestuurder), Rosa Herbst, Joy Hlebo (pastei maker) en Sergio Georgiou (eienaar).

 

Exit mobile version