Local newsNews

Wettige vuurwapen-eienaars nie die oorsaak van geweldsmisdaad – VF Plus

Wettige vuurwapen-eienaars is nie die oorsaak van geweldsmisdaad in Suid-Afrika nie.

Daar moet eerder gefokus word op ander oorsake soos die SA Polisiediens wat meer as 18 000 vuurwapens in net vyf jaar verloor het.

Dit is volgens die hoofwoordvoerder van die VF Plus oor polisie, dr Pieter Groenewald.

Groenewald sê dat daar ‘n die siening is dat strenger vuurwapen-wetgewing moet toegepas moet word weens die hoë vlakke van geweldsmisdaad.

“Dit is nie waar dat strenger wetgewing wat vuurwapen-eienaarskap sal beperk, misdaad ook sal beperk nie. ’n Ontwapende gemeenskap is presies wat misdadigers wil hê. Dit sal misdaad laat styg en daar is wetenskaplike studies hieroor gedoen.

“Misdaad het gestyg weens politieke inmengery in die polisie, korrupsie, swak bestuur en ’n gebrek aan dissipline.

“Dit en die strafregstelsel moet eers reggestel word voordat daar gefokus word op wettige vuurwapeneienaars, want hulle is nie die probleem en oorsaak van geweldsmisdaad nie,” sê Groenewald. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button