Editor's choiceLocal newsNews

Forensiese antropoloog nie altyd so glansryk

As jy al ooit na die televisiereeks Bones gekyk het, moet jy dit nie verwar met die realiteit wat antropoloë in die gesig staar nie.

Volgens PhD student Jolandie Myburgh, forensiese antropoloog aan die Departement Anatomie in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe by Tuks, skep Bones ’n wanindruk van wat werklik in die praktyk aangaan.

“Dit laat die werk van antropoloë meer glansryk lyk,” het sy onlangse tydens ’n Sarie Klub funksie gesê.

Antropoloë kyk na forensiese gevalle asook bestudeer argeologiese opgrawings, sowel as bene waarop daar afgekom word tydens die konstruksie van ’n eiendom (dit gebeur spesifiek in gevalle waar die stuk grond ’n begrafplaas was).

Antropoloë sal byvoorbeeld die graf gaan opgrawe, probeer uitvind wie dit is, en die graf weer skuif. Antropoloë doen ook ’n hele antropologiese opgrawing waar ’n area afgebaken sal word.

Myburgh vertel dat niemand anders, behalwe die antropoloë in die laboratorium, die bene afkomstig van die polisie mag hanteer nie.

Hulle dra volledige toerusting – ’n vollengte pak, stewels, maskers, ’n hoed en soms brille – tydens die bestudering van die bene.

Nadat die weefsel van die bene afgehaal is, word die bene in potte – amper soos ’n stoompot – teen 120 grade Celsius gekook, totdat dit relatief skoon is.

In gevalle waar bene ’n bietjie olierig is, word dit in ’n spesiale pot met chemikalieë wat al die olie uittrek, gekook.

Die meeste liggame wat antropoloë kry, is ontbinde liggame of liggame wat gebrand het. Dit is liggame waarmee patoloë nie mee kan help nie.

Daar is ’n groot verskeidenheid tipe liggame wat antropoloë kry om te bestudeer:

* Gebrande liggame: In sommige gevalle is die persoon vermoor voordat sy liggaam verbrand word. Myburgh sê dit is dus moeilik om hierdie liggame te identifiseer.

* Ontbinde liggame: Antropoloë bestudeer die vroeë ontbinding fase, terwyl patoloë liggame wat nog in die baie vroeë ontbinding fase is (waar dit lyk of die liggaam slaap) hanteer.

Dan is daar die gevorderde- en gedeeltelike ontbinde liggame.

Tydens die stadium van gevorderde ontbinding, lyk die liggaam verskriklik erg, waartydens die gedeeltelike ontbinde liggaam nie só erg lyk nie.

Gedurende die laasgenoemde is daar nog sagte weefsel aan die bene vas, maar dit is grotendeels been. Myburgh noem hierdie die ‘interessante’ bene.

“Mense sê hierdie liggame het ’n verskriklike slegte reuk, maar ek het agtergekom dat elke liggaam uniek is in sy reuk. ’n Mens leer om gewoond te raak aan dit.”

Daar is ook ’n groot hoeveelheid wat heeltemal been is – dit kom onder andere in gevalle voor waar die bene al ’n paar jaar in die veld lê, of dis argeologiese gevalle waar grafte opgegrawe word.

* Trauma en patalogie: Baie bene het infeksies weens die beroep en harde werk wat die persoon gedoen het.

* Anti-mortem trauma: Dit is die trauma wat jou liggaam opdoen en dan genees – iets wat jy opgedoen het of met jou gebeur het, voor jou dood.

Dit het egter niks met die oorsaak van die dood te doen nie. Byvoorbeeld, iemand wat sy arm jare gelede gebreek het – die merk op die been sal jare later nog sigbaar wees.

In haar ervaring, het Myburgh het al baie gevalle van neusbreuke bevind wat aandui Suid-Afrikaners baklei dus baie.

* Peri-mortem trauma: Dit is die trauma wat die liggaam opdoen en dan aan die wond beswyk.

Byvoorbeeld, die persoon is tydens die tydperk van dood geskiet of met ’n mes gesteek – dit is dus die oorsaak van die dood.

Die tipe trauma wat ’n liggaam kan opdoen is weens ’n stomp voorwerp (hamer), ballistiese trauma (skietwond) en skerp trauma (mes).

* Post-mortem trauma: Dit kom voor wanneer, byvoorbeeld, bene in ’n veld lê en ’n trekker ry daaroor.

Trauma aan die bene is dus toegeken na dood en het dus niks met die dood van persoon te doen nie.

Die doel van antropoloë is om te bepaal wat die geslag van die persoon was, die ouderdom, bevolkingsaffiniteit of ras, lengte, sowel as die forensiese patalogie (faktore van identifikasie, byvoorbeeld ’n snaakse tand of die skedel wat dalk nie mooi gelyk is nie).

Volgens Myburgh help dit nie veel om die lengte van die persoon te bepaal nie, tensy hy baie lank of baie kort is.

Geslag: Daar word na die sekondêre geslagseienskappe gekyk. Wanneer die skedel bestudeer word, sal daar opgemerk word dat mans groot, growwe wenkbroue, waar vroue sagte, fyn wenkbroue het, dus is hul voorkoppe platter.

Vroue se kakebeen is gepunt en die man s’n is driehoekig, daarop lyk dit asof hul voorkoppe half agtertoe gaan.

Omdat mans grooter spiere het, het hulle ook grooter spieraanhegtings waardeur ’n mens kan sien.

Wanneer die pelvis bestudeer word, sal daar opgemerk word dat mans se heupbene hoog en nou is. Vroue se heupbene bak half uit en die ingang na die pelvis is groot en u-vormig, aangesien vroue kinders baar.

Ouderdom: Volgens Myburgh is dit maklik om kinders onder 18 te bepaal, want groei het ’n spesifieke patroon.

Ouer mense is egter moeiliker om te bepaal, weens lewenservarings.

Volgens Myburgh lyk iemand, byvoorbeeld wat gesond is en draf dalk baie goed, maar dan lyk sy knieë dalk sleg.

“As daar na die persoon se knieë gekyk word, mag dit lyk of hy 80-jaar-oud is, maar eintlik is hy 20.”

Daar word dus ook gekyk na die groote van die skedel en die verskillende bene om ouderdom te bepaal.

Tande word ook gebruik om ouderdom te bepaal.

“Byvoorbeeld, wanneer tande uitkom, kan mens ook min of meer sien hoe oud ’n kind is. Kinders is meer tand as gesig – alles, tot onder hulle oë, is net tande – alle tande vorm daar.”

Deur slegs na die tande te kyk, is dit moeilik om die ouderdom van volwassenes te bepaal.

Ras: As ’n mens na die skedel kyk, sal jy sien dat wit mense ’n nou neus het en die onderkant van die neus het verskillende vorms – dit is skerp en nou – en die gesigte is oor die algemeen plat.

Swart mense het ’n breë en plat neus en die onderkant van die neus is ook breed.

’n Gedeelte van die gesig staan half uit en die tande is bietjie vorentoe.

Persone van Asië se skedel-vorm is gemeng tussen dié van wit en swart mense s’n. Die gesigbene is half vorentoe gedruk, so die gesig is baie plat.

– @IschkeBoksburg

Related Articles

Back to top button