Local newsNews

Ondersoek ‘n moet na Vragmotor tragedie – VF Plus

Die VF Plus gaan die Gauteng regering versoek om ’n dringende ondersoek van stapel te stuur na die ongeluk wat Dinsdag oggend, 14 Oktober, verwoesting op die N12 in Alberton gesaai het.

Dit is volgens VF Plus se LPW in Gauteng, en lid van Paaie -en Vervoerkomitee, Philip van Staden.

Volgens berigte het ’n vragmotor wat brandstof vervoer, binne in meer as veertig ander voertuie ingejaag wat veroorsaak het dat vyftig mense beseer en vier oorlede is. Die vragmotor se remme het volgens ’n meganiese fout onklaar geraak.

“Indien die maatskappy aan wie die voertuig behoort nalatig was met die instandhouding van hul voertuie, sal daar teen hul opgetree moet word,” sê van Staden.

Hy sê die ondersoek sal ook moet bepaal of die bestuurder van die betrokke voertuig wel by die spoedgrens gehou het al dan nie.

Indien nie, sal die bestuurder en die betrokke maatskappy van nalatigheid aangekla moet word.

“Dit is baie hartseer dat onskuldige mense hul lewens moet verloor op Gauteng se paaie.

“Die VF Plus is van opinie dat wet en orde in Gauteng nie voldoende op paaie toegepas word nie, en dat daar kanse gevat word deur sekere vragmotorbestuurders en eienaars.” – @IschkeBoksburg

Related Articles

Back to top button