Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Skole bly staan vir Jesus

Die skole vir Jesus-projek is van stapel gestuur nadat die Organisasie vir Godsdienste-Onderrig en Demokrasie (Ogod) die beoefening van Godsdiens in ses openbare skole wil boikot.

Hierdie inisiatief word deur sanger en liedjieskrywer, Rudi Muller, gedryf.

Een van die skole wie se Christenskap onder gedrang is, is Laerskool Baanbreker in Parkrand.

Die hofaansoek is vroeër die maand aan die hooggeregshof in Johannesburg voorgelê.

Volgens Muller is die doel van Skole vir Jesus, wat 8 September by Oos-Rand Akademie in Kempton Park afgeskop het, om uit te reik na skole en om te bedien met Woord en sang.

“Die hoof fokus is Jesus as Verlosser, asook om te getuig van God se liefde en genade.”

Muller glo dat God Sy wil sal laat geskied met die doel van hierdie projek.

Hy bedien gratis vir ongeveer tussen 20 en 30 minute en die bedienning bestaan uit ongeveer drie liedjies, skriflesing, getuienis en gebed.

Na afloop van die bediening is die leerlinge ook welkom om met Muller te gesels oor enige behoeftes en saam te bid daaroor.

Oos-Rand Stereo aanbieders Angeline Marokoane en Henry Bruinette het die Ontbytprogram vanaf Laerskool Tini Vorster aangebied.
Oos-Rand Stereo aanbieders Angeline Marokoane en Henry Bruinette het die Ontbytprogram vanaf Laerskool Tini Vorster aangebied.

“Daar was al gevalle gewees waar leerlinge gebedsversoeke gehad het oor ouers, selfmoord, verhoudings en selfs hartseer, as gevolg van afsterwe van ’n geliefde.”

Oor Ogod se hofaansoek in ’n poging om skole te verplig om hul Christenskap te verwyder, sê Muller hy respekteer elke persoon se opinie en probeer glad nie om sy geloofsoortuiging op iemand af te dwing nie.

“Geen mens sal iemand kan oortuig nie. Dit is die werk van God.

“Ek voel egter dat ek diensbaar moet wees en om – net soos baie ander – op te staan vir my geloof, en op hierdie stadium word dit baie goed ondersteun deur die skole.”

Hy sê verder dat dit elke ouer se vrye keuse is waar hulle hul kind wil laat skool gaan, ongeag geloofsoortuiging.

“Dus, as jy bewus is dat die spesifieke skool Christelike waardes ondersteun, waarom die skool dan wil dagvaar as dit verskil van jou geloofsoortuiging?

“Ek stem saam dat dit wel jou, as ouer, se plig is om jou kind volgens Christelike waardes op te voed, maar wat van die kind wat nie hieraan blootgestel word nie?

“Die Christelike skool is ook ’n vorm van ’n tipe bedienningsplatform en die keuse berus op die ou einde by die leerling.

“Baie hoofde, onderwysers en leerlinge kan getuig van Jesus as hulle Verlosser en dat daar baie krag in gebed is. Niks of enige situasie is te groot vir God nie.”

Muller sal gedurende die maand van September by tussen 20 en 30 skole optree.

Op 13 Oktober gaan hy by EG Jansen optree.

Vir enige inligting of foto’s oor Skole vir Jesus, besoek sy Facebook-blad by www.facebook.com/rudimullersa of volg hom op Twitter by @rudimullersa. – @IschkeBoksburg

39 BA COM JESUS ID_570051173

Related Articles

3 Comments

  1. As daar verwys word na die bediening, is dit ‘n saal byeenkoms waar almal moet teenwoordig wees, of kan kinders kies om nie deel te neem nie?

    En as die kinders wat godsdiens blootstelling net by die skool bekom, is dit regverdig vir die organisasie om die ouers se keuse dat dit so is te oorskry of gee julle darem die ouers die opsie om daai opsie te kies?

  2. Rudi Muller het ‘n gaping in die mark gesien om sy loopbaan te bevorder. Well done aan Rudi, want die oomblik is nou nê.

    Ek wonder net as hierdie mense al hierdie tyd en geld wat hulle spandeer om eeue oue mitilogie te bevorder as ware geloof en wet, dit eerder spandeer aan behoeftiged, dalk klasse aan te bou by skole en voedings programme te loods vir kinders wat honger is, of dit nie dalk beter sal wees vir hierdie land se kinders en toekoms nie.

Back to top button