Jansies is die enigste skool in die Valke-streek wat in beide die o/15 en o/17-afdelings van die Beeldtrofeë-reeks kon kwalifiseer.
In die o/17-afdeling het Jansies die toernooi baie goed begin deur sy buurskool, Hoërskool Oosterlig oortuigend met 50-0 te klop. Jansies se o/15-span het in ‘Ouboet’ se voetspore gevolg deur Oosterlig met 32-10 in sy eerste wedstryd te wen.
Nadat albei spanne eerste in hul onderskeie groepe geëindig het, het die o/15-span algeheel derde in die toernooi geëindig, terwyl die o/17-span algeheel tweede geëindig het.
Die o/17-span het hul oorwinning teen Heidelberg Volkskool van 36-0 in die groepwedstryd ongedaan gemaak deur 36-19 teen Volkies in die finaal te verloor.
Die volledige uitslae is as volg:
o/17 groep: EG Jansen wen 50-0 teen Oosterlig
o/17 groep: EG Jansen wen 36-0 teen Heidelberg Volkskool
o/17 beker kwart-finaal: EG Jansen wen 41-0 teen Brandwag
o/17 beker half-finaal: EG Jansen wen 24-14 teen Die Anker
o/17 bekerfinaal: EG Jansen verloor 36-19 teen Heidelberg Volkskool
o/15 groep: EG Jansen wen 32-10 teen Oosterlig
o/15 groep: EG Jansen wen 36-0 teen Belvedere
o/15 beker half-finaal: EG Jansen verloor 26-21 teen Kempton Park (ekstra tyd is gespeel)
O/15 plaat-finaal: EG Jansen wen 42-7 teen HTS Sasol.
Netbal
Tydens die Fast 5 Netbal-toernooi in Krugersdorp het die netbalspanne uitsonderlik vertoon met die eerste span wat algeheel vierde geëindig het, terwyl die o/15-span die toernooi gewen het.
Die volledige uitslae is as volg:
o/15 groep: EG Jansen wen 13-12 teen Jim Fouchè
o/15 groep: EG Jansen wen 36-5 teen Klerksdorp
o/15 groep: EG Jansen wen 22-16 teen Monument (B)
o/15 half-finaal: EG Jansen wen 40-8 teen Fourways
o/15 finaal: EG Jansen wen 50-19 teen Monument (A)
Krieket
Dr EG Jansen se krieket het hierdie afgelope week voortgebou op hul uitstekende prestasies die afgelope ruk.
Die week se uitslae is as volg:
* Derde span teen Hans Moore (Easterns liga): EG Jansen kolf eerste en teken 289/1 aan met Forrest Roos (106 nie uit nie) wat uitgeblink het met die kolf. Hans Moore teken 144/9 aan met Wreford Beerd (2/15) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 145 lopies.
* o/15B-span teen Hans Moore (Easterns liga): Hans Moore kolf eerste en teken 53 almal uit aan met Nico Benade (3/13) wat uitgeblink het met die bal. EG Jansen teken 56 sonder verlies aan met Jason Deysel (28 nie uit nie) wat uitstekend gekolf het. EG Jansen wen met 10 paaltjies.
* o/14A-span teen Hans Moore (Easterns liga): EG Jansen kolf eerste en teken 189/1 aan met Arni Enslin (108 nie uit nie) wat uitgeblink het met die kolf. Hans Moore teken 25 almal uit aan met Diaan Coetzee (3/2) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 164 lopies.
* o/14B-span teen Hans Moore (Easterns liga): EG Jansen kolf eerste en teken 171/5 aan met Caleb Beukes (74) wat uitgeblink het met die kolf. Hans Moore teken 91/5 aan met Caleb Beukes (3/11) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 80 lopies.
* Eerste span teen Transvalia (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 229/3 aan met Altus Pretorius (60) wat uitgeblink het met die kolf. Transvalia teken 129/6 aan met Brendon Swart (1/9) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 100 lopies.
* Tweede span teen Driehoek se eerste span (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 133/6 aan met Brandon Swart (32 nie uit nie) wat uitgeblink het met die kolf. Driehoek teken 134/3 aan met Ruan Willemse (1/21) wat uitstekend geboul het. Driehoek wen met sewe paaltjies.
* o/14A-span teen Marais Viljoen se o/15A-span (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 116 almal uit aan met Devan Aucamp (26) wat uitgeblink het met die kolf. Marais Viljoen teken 118/3 aan met Juandrè Barnard (2/22) wat uitstekend geboul het.
Marais Viljoen wen met sewe paaltjies.