NewsSchool sportSchoolsSport

EG Jansen presteer in Sewes Toernooi

Met die Valke Hoërskole kwalifiserende Sewes Toernooi vir die Beeldtrofeë het Hoërskool EG Jansen gewys dat hul nie net 'n krag in die 15-man kode is nie, maar dat hul ook genoeg talent en vaardighede beskik om in die korter weergawe van die sport te presteer.

Jansies is die enigste skool in die Valke-streek wat in beide die o/15 en o/17-afdelings van die Beeldtrofeë-reeks kon kwalifiseer.

In die o/17-afdeling het Jansies die toernooi baie goed begin deur sy buurskool, Hoërskool Oosterlig oortuigend met 50-0 te klop. Jansies se o/15-span het in ‘Ouboet’ se voetspore gevolg deur Oosterlig met 32-10 in sy eerste wedstryd te wen.

Nadat albei spanne eerste in hul onderskeie groepe geëindig het, het die o/15-span algeheel derde in die toernooi geëindig, terwyl die o/17-span algeheel tweede geëindig het.

Die o/17-span het hul oorwinning teen Heidelberg Volkskool van 36-0 in die groepwedstryd ongedaan gemaak deur 36-19 teen Volkies in die finaal te verloor.

Die volledige uitslae is as volg:

o/17 groep: EG Jansen wen 50-0 teen Oosterlig

o/17 groep: EG Jansen wen 36-0 teen Heidelberg Volkskool

o/17 beker kwart-finaal: EG Jansen wen 41-0 teen Brandwag

o/17 beker half-finaal: EG Jansen wen 24-14 teen Die Anker

o/17 bekerfinaal: EG Jansen verloor 36-19 teen Heidelberg Volkskool

o/15 groep: EG Jansen wen 32-10 teen Oosterlig

o/15 groep: EG Jansen wen 36-0 teen Belvedere

o/15 beker half-finaal: EG Jansen verloor 26-21 teen Kempton Park (ekstra tyd is gespeel)

O/15 plaat-finaal: EG Jansen wen 42-7 teen HTS Sasol.

Netbal

Tydens die Fast 5 Netbal-toernooi in Krugersdorp het die netbalspanne uitsonderlik vertoon met die eerste span wat algeheel vierde geëindig het, terwyl die o/15-span die toernooi gewen het.

Die volledige uitslae is as volg:

o/15 groep: EG Jansen wen 13-12 teen Jim Fouchè

o/15 groep: EG Jansen wen 36-5 teen Klerksdorp

o/15 groep: EG Jansen wen 22-16 teen Monument (B)

o/15 half-finaal: EG Jansen wen 40-8 teen Fourways

o/15 finaal: EG Jansen wen 50-19 teen Monument (A)

Die o/15 netbal span van Hoërskool Dr EG jansen wat vir Monnas 'n ordentelike netbal les geleer het tydens die bekerfinaal. Nadat EG rustyd met 38-7 voorgeloop het, het hulle voortgegaan om die wedstryd uiteindelik met 50-19 te wen. Voor (van links):  Simonè Van Vuuren; Kyla Visser en Nicole Dicks. Agter: Mariska Smit, Charnè Hattingh, Charlene Potgieter, Yolandi Ferreira (afrigter), Lizelle Goosen en Bianca van Lelyveld.
Die o/15 netbal span van Hoërskool Dr EG jansen wat vir Monnas ‘n ordentelike netbal les geleer het tydens die bekerfinaal. Nadat EG rustyd met 38-7 voorgeloop het, het hulle voortgegaan om die wedstryd uiteindelik met 50-19 te wen. Voor (van links): Simonè Van Vuuren; Kyla Visser en Nicole Dicks. Agter: Mariska Smit, Charnè Hattingh, Charlene Potgieter, Yolandi Ferreira (afrigter), Lizelle Goosen en Bianca van Lelyveld.

Krieket

Dr EG Jansen se krieket het hierdie afgelope week voortgebou op hul uitstekende prestasies die afgelope ruk.

Die week se uitslae is as volg:

* Derde span teen Hans Moore (Easterns liga): EG Jansen kolf eerste en teken 289/1 aan met Forrest Roos (106 nie uit nie) wat uitgeblink het met die kolf. Hans Moore teken 144/9 aan met Wreford Beerd (2/15) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 145 lopies.

* o/15B-span teen Hans Moore (Easterns liga): Hans Moore kolf eerste en teken 53 almal uit aan met Nico Benade (3/13) wat uitgeblink het met die bal. EG Jansen teken 56 sonder verlies aan met Jason Deysel (28 nie uit nie) wat uitstekend gekolf het. EG Jansen wen met 10 paaltjies.

* o/14A-span teen Hans Moore (Easterns liga): EG Jansen kolf eerste en teken 189/1 aan met Arni Enslin (108 nie uit nie) wat uitgeblink het met die kolf. Hans Moore teken 25 almal uit aan met Diaan Coetzee (3/2) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 164 lopies.

* o/14B-span teen Hans Moore (Easterns liga): EG Jansen kolf eerste en teken 171/5 aan met Caleb Beukes (74) wat uitgeblink het met die kolf. Hans Moore teken 91/5 aan met Caleb Beukes (3/11) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 80 lopies.

* Eerste span teen Transvalia (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 229/3 aan met Altus Pretorius (60) wat uitgeblink het met die kolf. Transvalia teken 129/6 aan met Brendon Swart (1/9) wat uitstekend geboul het. EG Jansen wen met 100 lopies.

* Tweede span teen Driehoek se eerste span (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 133/6 aan met Brandon Swart (32 nie uit nie) wat uitgeblink het met die kolf. Driehoek teken 134/3 aan met Ruan Willemse (1/21) wat uitstekend geboul het. Driehoek wen met sewe paaltjies.

* o/14A-span teen Marais Viljoen se o/15A-span (Evergreen T20-reeks): EG Jansen kolf eerste en teken 116 almal uit aan met Devan Aucamp (26) wat uitgeblink het met die kolf. Marais Viljoen teken 118/3 aan met Juandrè Barnard (2/22) wat uitstekend geboul het.

Marais Viljoen wen met sewe paaltjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button