’n Liefde vir Jesus en ’n passie vir motors

As jy van motorsport hou, span jou motor in en maak harte bly!

Blessed Wheels het hul eerste uitreiking op Sondag, 13 Julie, gehad, waar klublede nie-bederfbare produkte en kos ingesamel, en aan Salem Danville oorhandig het.

Blessed Wheels is ’n liefdadigheidsmotorklub wat vanuit die Woord en Lewe-gemeente funksioneer.

Die klub bestaan uit motorentoesiaste met ’n liefde vir Jesus en ’n fokus op die evangelie.

Blessed Wheels is ’n liefdadigheid-motorklub wat funksioneer vanuit die Woord en Lewe gemeente.

Klublede gebruik hul motors om uit te reik na siele, minder bevoorregtes of sommer net enige geleentheid waar hulle ’n verskil vir Jesus kan maak.

Diegene wat betrokke wil raak kan vir Marius Draper by 083 447 1622 kontak, of vir Samuel Kleinscheldt by 072 289 5368.

Blessed Wheels se webtuiste kan ook by www.blessedwheels.co.za besoek word (die webtuiste is huidiglik onder konstruksie). – @IschkeBoksburg

Klublede gebruik hul motors om uit te reik na siele, minder bevoorregtes of sommer net enige geleentheid waar hulle ’n verskil vir Jesus kan maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version