NewsSchools

Nuwe skoolhoof van Witfield bou voort op sukses

Laerskool Witfield moes onlangs totsiens sê aan hul voormalige skoolhoof van 21 jaar, die nuwe skoolhoof, Riaan Ten Naple, streef om voort te bou op die voetstene wat Piet Roos agtergelaat het.

Ten Naple was vir 23 jaar die adjunkhoof van Laerskool Van Dyk Park voordat hy besluit het dis tyd vir verandering.

“Hierdie is ’n skool met baie moontlikhede. Ek sal graag wil hê dat die skool en kinders vorentoe streef saam met die gemeenskap,” sê Ten Naple.

Hy het doelwitte wat hy graag wil bereik saam met die personeel, om die skool nog beter te maak.

Hy sê, om ’n goeie skoolhoof te wees, lê in die geheim daarin om jouself goed te ken.

“Jy moet lojaal wees teenoor jouself en weet wat jou sterk- en swak-punte is.”

Ten Naple is nie van plan om onmiddellik enige veranderinge by die skool te maak nie.

“Dit is ’n skool wat glad verloop. Ons kan net verbeter – daar is nie veel verandering nodig nie.”

Wat hy graag by die skool wil sien verander, is dat die leerlingetal groei, en dat die skool op akademiese- en sport-vlak kompeterend is.

Sy oogmerk is ook om gelukkige ouers, kinders en personeel te hê.

As nuwe skoolhoof, belowe Ten Naple om altyd lojaal en eerlik teenoor die personeel, ouers en kinders te wees, en om die doelwitte van die skool toe te pas. – @IschkeBoksburg

Related Articles

Back to top button