EG Jansen se sportspanne skepskop na glorie

Hoërskool EG Jansen seHoërskool EG Jansen se rugby het vanjaar 'n nuwe hoogtepunt bereik deur die eerste skool in die geskiedenis van die Makro-skole liga in die Valke streek te word waar al vier die Beeldtrofeë-spanne as die wenners in die Valke-liga aangewys is. rugby het vanjaar 'n nuwe hoogtepunt bereik deur die eerste skool in die geskiedenis van die Makro-skole liga in die Valke streek te word waar al vier die Beeldtrofeë-spanne as die wenners in die Valke-liga aangewys is.

Die spanne sluit in naamlik die o-14A, o-15A, o-16A en die eerste span.

Jansies het die besonderse prestasie amper in 2012 behaal, maar ongelukkig het die o-16A-span die trofeë gedeel.

Om die alleenhouers van die vier grotes te wees is baie spesiaal as daar in ag geneem moet word dat die onderskeie afdelings waarvolgens die liga’s ingedeel word, deur middel van seunsgetalle bepaal word.

Volgens EG Jansen se getalle is hul veronderstel om in die groot skole afdeling te speel waar die seunsgetalle heelwat minder is as die makro skole afdeling.

Kwagga Loubser, Jansies se direkteur bemarking sê dat die prestasie nie oornag gebeur het nie en dat dit slegs deur noukeurige beplanning en harde werk was deur die direkteur van rugby, Reghardt Botha, en sy mede afrigters kon geskied.

“Die Rugby-akademie waar nege leerders rugby as ‘n vak by die skool kan neem speel ook ‘n baie groot rol in die spelers se ontwikkeling,” sê Loubser.

In totaal het Dr EG Jansen nege van die twaalf moontlike trofeë’s ingepalm (ook ‘n rekord).

Die uitslae is as volg:

* Eerstes: EG Jansen wen 24-21 teen Kempton Park

* Tweedes: EG Jansen wen 12-10 teen Kempton Park

* Vierdes: EG Jansen wen 19-0 teen Die Anker

* o/16A: EG Jansen wen 19-0 teen Kempton Park

* o/16B: EG Jansen wen 12-11 teen Vereeniging Gimnasium

* o/15A: EG Jansen wen 21-12 teen Vereeniging Gimnasium

* o/14A: EG Jansen wen 5-3 teen Kempton Park

* o/14B: EG Jansen wen teen Kempton nadat die finale telling 17-elk was (EG Jansen druk die eerste drie in ekstra tyd)

* o/14C: EG wen 43-0 teen Kempton Park

* Beide die o/15B en C-spanne was naaswenners in hul onderskeie liga’s gewees.

EG Jansen is ook die enigste skool waar al vier sy spanne outematies vir die Beeld kwartfinaal gekwalifiseer het.

Exit mobile version