Editor's noteLocal newsNews

Fokus op Boksburg herhaal dié week op Ontbytsake

Ontbytsake het ’n positiewe kuier-program oor Boksburg saamgestel wat oor die naweek op Kyknet, DSTV kanaal 144, uitgesaai was.

Vir die wat dit gemis het, Sakefokus sal weer dié Dinsdag en Donderdag (5 en 7 Augustus), tussen 1nm en 2nm, uitgesaai word.

Die Ontbytsake-span was gedurende die week van 7 Julie druk besig om jou dorp, Boksburg, af te neem.

“Die doel van hierdie uitsending is om die omgewing positief en op ’n verantwoordelike wyse aan Suider Afrika voor te stel, deur ’n kwaliteit en hoë profiel produksie daar te stel wat nie gemis moet word nie,” sê senior bemarker van Ontbytsake, Pieter de Waal.

Die uitsending fokus op die korporatiewe- en nywerheidsbedrywighede van Boksburg, terwyl die diversiteit, toerisme aantreklikhede, gekiedenis, ekonomie en aktiewe programme ook deel vorm van hierdie unieke program.

Getrou aan die aard van Ontbytsake, fokus dit op sake van die klein en medium ondernemings en verpak hulle interessant en toepaslik vir hul teikenmark.

As deel van die program is daar ook ’n drie-minute onderhoud met Advertiser se redakteur, Riaan Engelbrecht om informeel in die ateljee oor die koerant en die omgewing te gesels.

* Ontbytsake se sukses word bewys deur die 11 jaar wat dit nou al deel is van Kyknet.

Dit maak Ontbytsake een van die programme wat die langste al uitsaai op hierdie kanaal met die blou stoel.

Ontbytsake word ook tans op Kyknet se nuwe susterskanaal, Kyknet en Kie, uitgesaai. Ontbytsake het reeds in Mei 2003 regstreeks begin uitsaai.

Ontbytsake se vryskut kameraman, Sean du Preez, en sy assistent, Sian Mylroie, was gedurende die week van 7 Julie druk besig om Boksburg af te neem.
Ontbytsake se vryskut kameraman, Sean du Preez, en sy assistent, Sian Mylroie, was gedurende die week van 7 Julie druk besig om Boksburg af te neem.

Related Articles

Back to top button