Comet se parktoerusting verwoes, gesteel

Die beskadiging van toerusting in parke blyk om oneindig te wees.

Magda Burger het aanskou hoe twee jong volwasse mans onder andere die glyplank in die park op die hoek van Doone Laan en Farrar Straat beskadig, en gedeeltes daarvan afsaag.

“Die kerk gebruik die parkie op Vrydagaande en as hulle dit nie sien nie, gaan hulle seerkry,” sê Burger.

Volgens Burger is die skuldiges soms selfs twee keer per dag by die park, besig om gedeeltes van die toerusting af te saag en dit vir hulself vat.

Daar word verneem dat sy die polisie voorheen twee keer op dieselfde dag gebel het om die mans te arresteer, maar niemand het opgedaag nie.

Burger sê die metro kontrakteurs het die glyplank afgebaken met rooi lint, maar dat dit glad nie die mans keer om die glyplank steeds uitmekaar te haal nie.

Teen die tyd van publikasie, het die Advertiser nog geen terugvoer van die Ekurhuleni metro ontvang nie. – @IschkeBoksburg

Die gedeelte van die glyplank wat afgesaag is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version