Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Toys for Africa oorhandig skryfbehoeftes aan laerskole

Die nie-regeringsorganisasie, Toys for Africa, het skryfbehoeftes by Laerskool Goudrand en Laerskool Witfield uitgedeel op Vrydag, 27 Junie.

Toys for Africa se missie is om ’n nuwe speelding of skryfbehoeftes aan elke minderbevoorregte kind in Suid-Afrika uit te deel en het al meer as 117 900 kinders met hierdie inisiatief aangeraak.

Op hierdie dag, het Toys for Africa 4 000 kinders bereik deur by sewe skole skryfbehoeftes te oorhandig.

“Die Professionele Jagtersvereniging van Suid-Afrika (Phasa) was saam met ons gewees om vir die kinders te vertel van verskillende diere en interessanthede oor diere in die wild,” sê die stigter van Toys for Africa, Danie van Loggerenberg.

Adri Kitshoff van Phasa het al die vrae van die kinders beantwoord.

Die leerders het na bewering vroeër in die kwartaal oor wilde diere geleer.

Alida Reed van die Solidariteit Helpende Hand Boksburg tak het die oorhandiging bygewoon.

Johann Herbst, Clarise Pieterse, Adri Kitshoff, Arnold de Wet, Braam Myburgh (adjunk-hoof), Danie van Loggerenberg, Alida Reed en Carnett Korff tydens die oorhandiging by Laerskool Goudrand.
Johann Herbst, Clarise Pieterse, Adri Kitshoff, Arnold de Wet, Braam Myburgh (adjunk-hoof), Danie van Loggerenberg, Alida Reed en Carnett Korff tydens die oorhandiging by Laerskool Goudrand.

Clarice Pieterse (Binnelanders akteur), Charnet Korf (Miss World Universal), Hendri Myburgh (Groot FM radio omroeper) en Johann Herbst (mnr Suid-Afrika 2014 finalis) was ook saam om die kinders te ontmoet.

Van Loggerenberg vertel dat Oos-Rand Stereo omroeper, Francois van Rensburg, Vrydagmiddag ook bietjie gesels het oor die oorhandiging by die skole.

Enige organisasies of skole in en rondom Boksburg wie se kinders kan baat met skryfbehoeftes kan Toys for Africa e-pos by toysforafrica@telkomsa.net.

“Ons sal kyk of ons hulle so spoedig moontlik kan help,” sê van Loggerenberg. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button