Editor's choiceLocal newsNews

Jong sosiale vlinder vasbeslote om hoë hoogtes te bereik

Angelique Gerber Designs is opsoek na ’n vars nuwe gesig om hierdie gesogte en gesofistikeerde handelsmerk van skoonheid, styl, vroulikheid en tydlose elegansie te verteenwoordig.

Anel Lubbe (20) van Boksburg glo sy is juis so ’n sosiale vlinder wat vasbeslote en bereid is om hard te werk vir ’n geleentheid om ’n loopbaan in die vermaaklikheidsbedryf los te slaan.

Lubbe is een van 80 finaliste van die Apprentesses of Angelique Gerber, wat dien as ‘n platform vir enige jong vrou om haar droom in die kollig na te streef.

“Hierdie kompetisie is nie net vir ’n meisie met ’n mooi gessigie nie,” vertel Anel.

Sy het in 2012 deur Hoërskool Dr EG Jansen gematrikuleer.

Daar word van die finaliste verwag om verskeie opdragte te voltooi waarop hulle terselfdertyd beoordeel word om hul plek in die kompetisie te verseker.

Een van die groot opdragte wat hulle moes voltooi, was om ’n YouTube video getiteld “Welcome to my world” te maak.

’n Belangrike aspek van die kompetisie is die vermoë van die deelnemers om hulself te bemark, en tot dusver geniet Anel hierdie deel van die kompetisie die meeste.

“Ek het laasjaar bemarking studeer, so dit tel vir my as ’n groot plus-punt in die kompetisie.”

Anel het ook voorheen onder andere die Mej Bedfordview en Mej Margate-titels verower wat in haar guns tel.

Sy het dit ook baie opwindend gevind om borge te kry wat haar deur die loop van haar reis as deelnemer sal bystaan.

Vra jy haar waarom sy die beste kandidaat is om hierdie kompetisie te wen, sê Anel sy het die inisiatief om take op haar eie aan te pak en die dryfkrag om spertye te bereik.

“Ek hou ook daarvan om nuwe goed te leer, sowel as om vir ander mense nuwe goed te leer. Met hierdie titel wil ek ook Suid-Afrika verteenwoordig. Ek gee nooit op op my drome nie – ek hou aan-en-aan tot ek dit bereik.”

Anel het in 2012 deur Hoërskool Dr EG Jansen gematrikuleer en werk tans by Tata Hoofkantoor.
Anel het in 2012 deur Hoërskool Dr EG Jansen gematrikuleer en werk tans by Tata Hoofkantoor.

Anel vertel ook dat sy die regte persoonlikheid vir hierdie kompetisie het.

“Mense kry my nie gou onder nie. Ek het ’n sterk persoonlikheid en ’n goeie selfbeeld.”

Indien Anel aangewys word as die “Apprentesses of Angelique Gerber”, sal sy voluit lewe deur te streef na dít wat van haar verwag word.

“Ek sal Angelique akkomodeer soos sy wil hê ek moet wees. Sy is ’n rolmodel vir enige jong meisie – ek kyk op na haar.”

Haar motivering vir die loop van die kompetisie is die slagspreuk wat lui “hard work pays off”.

“Die Here het ’n doel met alles en elkeen – Hy sal nie iets oor jou pad bring wat jy nie kan hanteer nie.”

Dit smelt Anel se hart om glimlagte op mense se gesigte te sit wanneer sy teruggee aan die gemeenskap.

“Ek wil eendag motiveringspraatjies aanpak sodat ek ’n rolmodel vir tiener meisies kan wees. Ek het ’n passie vir mense en om hulle te help.”

Sy sal in die toekoms ook graag aan groter skoonheidskompetisies wil deelneem.

Anel vra die gemeenskap om haar te ondersteun tydens haar reis as ’n finalis in die kompetisie.

Sy bedank ook al haar borge asook haar ouers wat haar sterk grootgemaak het en haar geleer het dat sy tot alles instaat is.

Om Anel se YouTube video te besigtig, gaan na https://www.youtube.com/watch?v=smkQklnxyEI&feature=youtu.be.

Sy is ook op Facebook beskikbaar by https://www.facebook.com/APAnelLubbe.

* As deel van haar eie inisiatief, is Anel besig met ’n fondsinsamelingsprojek waar sy vir een gelukkige matriekmeisie die geleentheid gee om haar droom matriekafksied te beleef.

Anel Lubbe is ’n finalis in die kompetisie 'Apprentesses of Angelique Gerber'.
Anel Lubbe is ’n finalis in die kompetisie ‘Apprentesses of Angelique Gerber’.

“Ek wil ’n meisie soos ’n prinses laat voel, omdat ek elke dag soos ’n prinses voel. Ek dink alle meisies moet elke dag soos ’n prinses voel.”

Anel sal die meisie se hele uitrusting (juwele, hare en grimering ingesluit), ’n fotograaf en ’n motor gratis verskaf.

228 Photography en Face and Body Studio is reeds deel van hierdie projek.

Anel benodig nog ’n borg vir ’n motor.

Vrywilligers kan haar per e-pos kontak.

Anel moedig skole in Boksburg aan om die perfekte meisie vir hierdie geleentheid te nomineer.

Aansoeke kan aan anellubbe2405@gmail.com of info@228.co.za gestuur word. – @IschkeBoksburg

Related Articles

Back to top button