MunicipalNews

Metro kontrakteurs ontkoppel glo verkeerde krag

Witfield-inwoners het onlangs ondervind dat werknemers van kontrakteurs wat deur die raad aangestel is, glo foutiewelik die verkeerde huise se krag afsny.

Gerhard Botma en sy buurman beweer hul elektrisiteit is albei onregmatig op 21 Mei ontkoppel.

Volgens Botma het ’n ander inwoner in dieselfde straat waar hy woon ’n kennisgewing ontvang dat sy elektrisiteit afgesny gaan word weens ’n agterstallige rekening.

“Ek betaal elke maand my elektrisiteit rekening vroegtydig.”

Botma het die saak nog dieselfde dag met die munisipaliteit opgeneem en sy elektrisiteit was binne 24 uur, op 22 Mei herstel.

Botma beweer egter dat hy en sy buurman nie die enigste inwoners is wat hierdie probleem teëgekom het nie.

Hieruit het die vraag ontstaan of die kontrakteurs se werknemers opgelei is om hul werk korrek te doen.

Waarnemende woordvoerder van die metro, Themba Gadebe, sê die afsny van krag word deur kontrakteurs gedoen wat deur die raad aangestel is en daar word verwag dat die werknemers van hierdie kontrakteurs behoorlik opgelei is.

“Dit gebeur soms dat die eiendomme nie behoorlik gemerk is nie. In hierdie gevalle sal dit uitgewys word, die betrokke departement sal in kennis gestel word, en die nodige regstellende aksie sal deur die Departement van Energie geneem word.” – @IschkeBoksburg

Related Articles

Back to top button