NewsSchools

VSA loer vir 15-jarige multi-talentvolle leerling

Op die ouderdom van 15, is die multi-talentvolle Chante Combrink reeds besig om haar droom uit te leef, en vertrek binnekort na Orlando Florida, om haar talent aan die res van die wêreld by die Applause Rising Talent Showcase (Arts) Ekspo gedurende Junie te wys.

Chante is ’n graad nege leerder by Hoërskool Oosterlig, en hoewel sy uitblink in modelwerk en dans (spesifiek hip-hop), is haar passie om te sing.

Chante sing sedert sy agt jaar oud is en ongeveer vyf jaar terug het haar ouers besluit om haar vir sangklasse te stuur.

Bykans twee jaar gelede het hulle haar sangskool verander na Anua School of Music.

Een van die groot redes vir hierdie skuif, is dat Chante haar sang eksamens by hierdie skool kan aflê.

Chante behoort aan die Trinity Guildhall of London, waar sy reeds haar graad een musiek prakties en teorie geslaag het.

Sy is nou tans besig met haar graad twee prakties en teorie klasse waar sy in Oktober haar eksamens sal aflè.

“Ek het die beste sang onderwyser ooit (Nico Goosen)”, vertel Chante.

Sy is mal oor enige tipe musiek.

“My ouers sê altyd ek eet en slaap musiek.”

Sy het reeds haar eerste oorspronklike liedjie saam Byron Keno geskryf en opgeneem en sal later in die jaar op ’n album vrygestel word.

Op 22 Junie sal Chante se droom ’n realiteit word wanneer sy en haar ma, Charlain, na die Arts Ekspo in die VSA vertrek.

“Ek wou graag my stiefpa ook saam my gehad het. Albei van hulle het so hard gewerk saam aan my talent en om my te ondersteun.”

By die Arts Ekspo is daar ongeveer 500 deelnemers wat hul spesifieke talente openbaar, hetsy dit sing, dans, modelwerk, TV reklame of iets anders is.

Deelnemers tree op voor maksimum 60 agente en vervaardigers wat groot name in die VSA het, byvoorbeeld Capital Records, Sony/BMG Records, New York Film Academy, Red Models of New York, en vele meer.

“Ek het ingeskryf vir vyf katagorieë, onder andere dans, sing, swemdrag modelwerk, fotografiese modelwerk en kreatiewe aanloopbaan modelwerk.”

“Ek is so opgewonde oor die geleentheid, want dit is ’n groot eer om myself en Suid-Afrika te gaan verteenwoordig in die VSA. Ek het ’n Facebook page waar my vriende my kan dophou en partykeer voel ek soos n regte superster met al die ondersteuning wat ek van hulle af kry.

My ouers is baie trots op my en staan 110 persent agter my. Ek kan nie vir beter ouers vra nie. My familie is my beste fans.”

As Chante gekies word in een van die katagorieë, staan sy kans om ’n studiebeurs te kry by die New York Film Academy of om musiek kontrakte los te slaan.

Chante was vir ’n oudisie voor een van die direkteure van die New York Film Academy, Blake Bubbet, en is reeds uitgenooi na ’n vier-week somerkamp opleiding.

“My grootste ondersteuning kom van die huis, en my ma en stiefpa is my mentors. My ouers het my groot gemaa met die siening dat jy ’n geleentheid met beide hande moet vat – werk hard en jy sal ’n groot sukses wees met wat jy aanpak. My sang loopbaan is baie belangrik vir my, want ek wil mense se harte aanraak met my woorde. ‘Internasionaal is nie ontmoonlik nie’ is my leuse vir groot drome.”

Chante kan op die volgende sosiale netwerke gevolg word:

* Facebook : ChanteIsTheName.

* Twitter : @ChanteIsTheName.

* Instagram: Chante C.

* Sound Cloud: ChanteIsTheName.

– @IschkeBoksburg

Related Articles

Back to top button