Local newsNews

Lady Gracious Teen wenner hou fondsinsameling

Die 2013 Lady Gracious Teen wenner, Lizani de Waal, het in samewerking met die Live Arts Little Theatre ’n "Aand saam met die sterre" op Vrydag, 16 Mei, aangebied.

Die gesellige geleentheid was aangebied as ’n fondsinsameling ten bate van die Kowa Pienaar Tehuis.

Lizani het besluit om dié tehuis te ondersteun, aangesien sy voel dat hulle nood ervaar en hulp benodig.

Musikant en akteur, Marno van der Merwe, en sanger, Juandrè Marais het die gehoor vermaak.

Aan die einde van die verrigtinge was daar ’n veiling waartydens bywoners vir hul geliefde wyn kon bie.

Lizani is tans ’n graad 11 leerder te Hoërskool Oosterlig en het verlede jaar drie titels gewen, onder andere, die Lady Gracious Teen Persoonlikheid wat sy met Nadia Retief deel, die Lady Gracious Teen Model en die algehele Lady Gracious Teen titel.

As Lady Gracious Teen word daar van Lizani verwag om fondsinsamelingsfunksies ten bate van ’n liefdadigheidsorganisasie te hou.

Dit hoef nie elke keer dieselfde organisasie te wees nie – dit is egter haar keuse watter organisasie sy met elke funksie wil ondersteun, solank dit ’n wettige organisasie is wat moeilike omstandighede ervaar.

“Ek moet die mense bewys maak van nood rondom ons,” vertel Lizani.

Sy moet as gasspreker en motiveringspreker kan optree, asook funksies bywoon waar Lady Gracious betrokke is.

Lizani moet ook die nuwe Lady Gracious Teen finaliste toespreek en bemoedig in hul reis saam met Lady Gracious.

“Lady Gracious het my definitief geleer om myself te aanvaar. Dit het my geleer dat skoonheid bepaal word deur jou hart – as jou hart gelukkig is kry jy outomaties ’n glimlag op jou gesig en dis die mooiste grimering wat ‘n meisie kan dra!” sê Lizani.

Sy vertel dat sy deur die titel volwasse geword het.

“Die titels het my hart oopgemaak om uit te reik na ander. Christenskap was nog altyd belangrik vir my, maar deur Lady Gracious het ek die goedheid van die Here net nog meer ervaar en beleef.”

Related Articles

Back to top button