Geniet feestelikhede saam kerkkermis

Sunwardpark Gemeenskapskerk gaan op Saterdag, 31 Mei, hul jaarlikse kermis te Hoërskool Oosterlig hou.

Enige iemand is welkom om deel te wees van hierdie prettige dag.

“Die doel van die dag is om as gemeenskap saam te kuier,” sê Marli Potgieter.

Die fondse gaan vir die kerk.

“Ons stuur ons kinders op kampe met ‘n groot gedeelte van die geld.”

Die feesvieringe sal om 8vm begin en tot 6nm aanhou.

Om die feestelikhede op te helder, sal daar vanjaar vir die eerste keer ‘n colourfest vir die tieners om 9vm plaasvind.

Inskrywings kan op www.sungem.org gedoen word.

Feesgangers kan ook uitsien na ‘n springkasteel en wille-wiele-pret vir die kinders en boeresport- en potjiekoskompetisies.

Daar sal ook ‘n koffiewinkel en stalletjies wees.

Vir enige navrae, kontak Marli Potgieter by marli@sungem.org.

Exit mobile version