EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Gospel klanke vir oud en jonk

U Alleen is God is die 32-jarige sangeres en liedjieskrywer, Sunè Botha, se heel eerste gospel-album.

Dit is ’n kontemporêre gospel-album met ’n eietydse klank, gevul met inspirerende liedjies uit Botha se pen.

“Ek wil graag hê dat dit mense inspireer wat deur dieselfde situasie as ek gegaan het. Dat hulle hul kan vereenselwig met die liedjies; dat dit hulle hoop gee en die motivering om te weet God is in beheer en hy sal jou help, hetsy dit egskeiding, siekte of dood is.”

Die liedjies op haar debuut kom almal uit haar hart uit en het ’n oorspronklike, vars, nuwe, en ander tipe klank.

Luisteraars sal duidelik in haar musiek opmerk dat God haar inspirasie is.

U Alleen is God is ’n gospel-album wat bo soveel van die resepmatige geestelike uitreikings uittroon.

Dit het ’n kraakvars klank wat jonk en oud aan die hart sal gryp.

Dit is ’n lekker-luister en lofprysing album.

Sunè Botha se passie en hartstogtelike sang sorg dat hierdie CD ’n mens nie onaangeraak laat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button