Local newsNews

10111 en AfriForum werk saam oor taal probleem

By ’n vergadering tussen die Gauteng hoof van die 10111 noodoproepsentrum van die Suid-Afrikaanse Polisie Diens (SAPD) en Afriforum, is die burgerregte organisasie deur die SAPD verseker dat die klag oor die weiering van diens in Afrikaans deur ’n 10111 operateur ernstig geneem is.

Hierdie vergadering volg op ’n voorval twee weke gelede toe ’n noodoproep van AfriForum ontkoppel was nadat diens in Afrikaans versoek is.

Volgens adjunk-hoof uitvoerende beampte van Afriforum wat verantwoordelik is vir taalsake, Alana Bailey, is Afriforum gerusgestel dat dissiplinêre stappe teen die operateur wat onwillig was om in Afrikaans te help, reeds aangehits is.

Afriforum is ook die versekering gegee dat veeltalige diens, so ver as moontlik, beskikbaar gestel sal word op alle skofte.

As ’n operateur nie die oproeper se taal van keuse kan praat nie, sal alles moontlik gedoen word om die oproep te verwys na iemand wat kan help.

Na aanleiding van die bogenoemde voorval, het Afriforum ’n klagtelyn geloods om ondersoek in te stel of die publiek soortgelyke probleme teëgekom het, en verskeie klagtes rondom Suid-Afrika is ontvang.

Daardie klagtes was ook onder die aandag van die SAPD gebring.

Die SAPD lê ’n versoek dat lede van die publiek wat ontevrede is met die diens van 10111 inbelsentrums, hulle probleme aan hul klagtelyn by 0860 13 0860 moet rapporteer.

Dit is nodig om te verseker dat probleme geïdentifiseer en opgelos word.

’n Groot probleem vir die SAPD is mense wat die noodnommer misbruik met beuselagtigheid en poets oproepe.

Gedurende een naweek alleenlik, het die SAPD noodoproepsentrum 40 000 oproepe ontvang waarvan slegs 3 500 ernstig was.

Dit plaas personeel onder ontsaglike druk, en lei tot onbeantwoorde oproepe van mense wat in lewensgevaarlike omstandighede is, en dit mors hulpbronne wat deur belastingbetalers befonds word.

Afriforum het onderneem om die SAPD te help in die bewusmaking onder die publiek, van die feit dat 10111 alleenlik ’n diens is vir die aanmelding van noodsituasies waar onmiddelike reaksie noodsaaklik is, of waar lewens bedreig word.

“Afriforum waardeer die dringendheid waarmee die SAPD ons klagtes hanteer het, en sal hulle graag help om te verseker dat die 10111 noodnommer nie misbruik word nie. Ons sal ons lede op ’n deurlopende basis inlig om noodnommers te memoriseer, soos die brandweer en mediese nooddienste, en om hulle te weerhou om 10111 te skakel wanneer hierdie dienste benodig word,” sê Bailey.

“Mense moet onthou dat beuselagtigheid soos ’n raserige hond in hul voorstad nie ’n rede is om 10111 te skakel nie, selfs as die geblaf irriterend is. Ouers moet ook hul kinders leer dat ’n poets oproep na 10111 iemand se lewe kan kos en dat dit onder alle omstandighede onaanvaarbaar is. Die misbruik van ’n noodnommer is ’n strafbare oortreding.”

Die SAPD en Afriforum sal in kontak bly om gesamentlik enige verdere taal of ander probleme met betrekking tot die nooddiensnommer aan te spreek.

Related Articles

Back to top button