Local newsNews

VAW tevrede met Afrikaanse wiskundeleerlinge se prestasie

Te midde van kritiek oor die aantal matrieks wat in 2013 se eindeksamen in belangrike vakke soos wiskunde en wetenskap goed presteer het, is daar wel ? ligpunt wanneer gekyk word na die resultate van matrieks wat in Afrikaanse wiskunde presteer het.

Dit is volgens dr Gerrit Stolts, dosent aan die Universiteit van Pretoria.

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW) is ? projek van Solidariteit Helpende Hand, wat hom daarop toespits om wiskundeonderrig in Afrikaans te ondersteun en te bevorder.

“Ons voorlopige navorsing toon dat die Afrikaanse wiskundeleerlinge, net soos met die internasionale TIMSS-assessering, vroeër verlede jaar, tydens die matriekeindeksamen ver bo die nasionale gemiddelde presteer het,” sê Stolts.

In ’n ontleding deur Stolts, van die prestasies van voormalige model C-skole met Afrikaans as onderrigmedium, tydens die 2003 TIMSS-toetse, het Afrikaanse deelnemers wêreldwyd 10de beste presteer.

Dít te midde van die feit dat Suid-Afrika as geheel 46ste geëindig het.

“Hoewel die statistiek van die departement van onderwys toon dat net 40,5 persent van matrieks in 2013 ? persentasie van meer as 40 per sent vir wiskunde kon behaal, is Afrikaanse wiskundeonderrig baie sterk,” sê dr Danie Brink, die uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.

“Verskeie studies bevestig dat kinders se punte dramaties verbeter indien die onderwyser se kennis oor die vak verbeter.”

Die VAW bied voortgesette ondersteuning deur middel van kongresse, kort kursusse, gereelde nuusbriewe, wiskundige hulpmiddels en ? eksklusiewe webwerf wat regdeur die jaar aan Afrikaanse wiskundeonderwysers beskikbaar is, om te verseker dat skoliere beter onderrig kan ontvang.

Die VAW gaan in 2014 ? positiewe impak op meer as 180 000 Afrikaanse leerlinge se wiskunde-onderrig hê, deurdat meer as 1 200 Afrikaanse wiskundeonderwysers aan VAW-aktiwiteite gaan deelneem.

Sodoende word verseker dat Afrikaanse kinders steeds toegang het tot wiskunde-onderrig van wêreldgehalte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button