Local newsNews

Geloftediens weer gehou

Dit is reeds vir etlike dekades die gebruik in Boksburg om op 16 Desember ‘n Geloftediens te hou, waar belangstellende lidmate van al die kerke in en om Boksburg uitgenooi word om deel te neem.

Dit is volgens Davie van der Merwe, voorsitter van die Rapportryerskorps Boksburg.

Hy sê vanjaar word die Geloftediens weer op Maandagoggend, 16 Desember, om 9vm, by die Klipkerk gehou, met ds Daan Bakker, van die Gereformeerde Kerk, wat die diens gaan lei.

“Dus, met elke geleentheid kry die leraars van al die verskillende Afrikaanse kerke om die beurt die geleentheid om die jaarlikse Geloftediens te lei,” sê van der Merwe.

“Goeie samewerking in hierdie verband is nog altyd verkry en die ondersteuning van hierdie geleenthede deur die verskillende kerke se lidmate is verblydend en die opkoms besonder goed.

“In die vroeë 1960s is die Geloftediens vroegoggend om 5vm te Prince Georgepark Sportterrein gehou. Vanaf 2001 is die verrigtinge in die skoolsaal van die Hoërskool Dr EG Jansen voortgesit.

“Vanaf 2004 word die Geloftediens jaarliks by die geskiedkundige Klipkerk, in Voortrekkerstraat, Boksburg sentraal, aangebied.”

“Vanjaar gaan daar vooraf hartlik saamgesing word uit liedere wat in ‘n gratis program ingebind is.

“‘n Kollekte sal na afloop van die erediens opgeneem word, ter stywing van die Klipkerk Bewaringsfonds.

“Kom laat ons uitvoering gee aan die Gelofte wat deur ons voorouers afgelê is, en laat ons kinders daarin deel tot nagedagtenis vir die opkomende geslagte.

“Na die erediens kan daar gesellig saam gekuier word oor ‘n gratis koppie tee of koffie, en beskuit wat deur die dames van die Gereformeerde Kerk aangebied sal word.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button