Entertainment

Domique reik na sterre met nuwe enkelsnit

Dominique wil graag hê mense moet aanklank vind by haar musiek.

My nuwe musiek is alles hartsmusiek.

Die liedjies se lirieke praat met ‘n mens se hart. Al is my nuwe enkelsnit. Trane, ‘n meer rustige liedjie, het ook musiek met ‘n lekker tempo maar dit is steeds musiek vir die hart. Dit het nog steeds betekenisvolle lirieke wat hartsnare sal roer.

Dit is wat aanhangers kan verwag van die Freeway Park sangeres, Dominique Burger, se musiek.

Die 32-jarige het onlangs ‘n nuwe enkelsnit, Trane, vrygestel.

Dominique het verduidelik Trane het eintlik ‘n lang pad.

“Ek het ‘n hele paar jaar terug die liedjieskrywer en musiekbestuurder, Michael de Lange van RedFox Music Entertainment ontmoet. Ek het toe ek na baie lank se wik en weeg, hom gevra wat dit sal vat vir hom om my bestuurder te word. Hy het verduidelik as ek 17 CDs per vertoning kan verkoop, moet ek hom bel. Dit het altyd by my vasgesteek. Ek het hard gewerk om daarby uit te kom.

“‘n Paar jaar daarna het ek hom weer raakgeloop by ‘n plek waar ek opgetree het. Ons het toe weer kontak gemaak en hy het besluit hy sal vir my nuwe musiek skryf en my help. So het ons begin saamwerk en ek het my hart begin deel. Ek was vreeslik ongelukkig en op ‘n baie slegte plek.

“Ek was vir Michael die inspirasie vir Trane. Michael skryf nie net ‘n liedjie om een te skryf nie. Hy het my hart absoluut vasgevang met Trane.

“Daar is ‘n reël in die koor, ‘Hartseer het my sy les geleer wat net trane sal verstaan’. Die hartseer is eintlik die persoon wat jou lesse geleer het. Het ons almal nie maar al ‘n paar lesse geleer nie?”

Dominique het bygevoeg dit is vir haar belangrik dat mense kan aanklank vind by haar en haar musiek.
“Ek wil ook graag hê my musiek moet vir mense iets beteken. Natuurlik hoop ek dat meer mense my musiek sal luister en leer ken en dat ek ‘n huishoudelike naam kan word.”

Verskil hierdie liedjie van haar vorige musiek?

“Ek glo elke liedjie verskil van mekaar. Maar ek het met hierdie liedjie die beste span agter my wat my ondersteun en in die regte rigting wys.

“My vorige musiek wys waar ek was op daardie stadium van my lewe en hierdie nuwe musiek is baie meer volwasse, maar vir ‘n groter verskeidenheid mense gepas,” het sy gesê.

Trane is beskikbaar op alle digitale platvorms.

Volg haar ook op sosiale media (Dominique Burger) vir meer inligting.

Lees Ook: Plaaslike sangeres stel hierdie jaar nuwe Afrikaanse popmusiek album vry

Lees Ook: Parkrand musikant blink uit op internasionale vlak

   

Related Articles

Back to top button