Plaaslike klubrugbyspan weer terug op die veld

Die Covid Memorial Cup sal op 28 Augustus afskop, met Boksburg en Springs wat mekaar in Boksburg die stryd aansê.

Rugbyliefhebbers kan daarna uitsien om klubrugbyspelers weer in aksie te sien in die nuwe 2020/2021 Makopano Covid Memorial Cup.

Makopano Boksburg Rugbyklub afrigter Lukas van der Schyff het verduidelik dat hy en die afrigter van Springs Rugbyklub, Ockert Brits, met dié initiatief vorendag gekom het na die Valke sy klubrugby-liga vir die jaar gekanselleer is.

Die Valke het sy liga opgeskort ten spyte van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie wat die groen lig gegee het vir klubrugby om voort te gaan.

“Ons het toe koppe bymekaar gesit en ’n liga begin waar Boksburg, Springs, Witbank en Elsburg se rugbyklubs teen mekaar gaan meeding.

“Die spanne sal een weg en een tuis wedstryd teen mekaar speel. Dit sluit ’n eerstespan, ’n o-20 sewes-span en ’n Barbarians-span (’n mengsel tusen 0-20s en senior spelers).

“Dit is soos ’n ‘remembrance’ beker vir al die swaar tye waardeur ons is. Die leuse is: aan al die legends wat ons verloor het.

“Ons wil dit net pret maak vir die spelers. Iets om na terug te kyk,” het Van der Schyff verduidelik.

Die Covid Memorial Cup sal op 28 Augustus afskop, met Boksburg en Springs wat mekaar in Boksburg die stryd aansê. Elsburg en Witbank gaan mekaar ook daardie dag op Elsburg se velde aanpak.

Van der Schyff het beklemtoon dat hul streng Covid-19 regulasies gaan volg.

“Daar sal geen toeskouers op die veld toegelaat word nie. Mense kan die wedstryde wel in hul karre kyk of in die restaurant as die klub een het,” het hy byvoeg.

Lees Ook: Boksburg Rugby Club to host a fund-raiser dance

Lees Ook: Getting to know the Boksburg Rugby Club president

 

Exit mobile version