Local news

Geliefde veearts laat groot leemte

Riaan het ook diep spore getrap by die Boksburg Rugbyklub.

“Hy het altyd sy beste gegee vir sy pasiënte en kliënte.”

Dit is die woorde van Linda Tolken, vrou van Dr Riaan Tolken van die Bokkiepark Dierekliniek, wat op 18 September op 59-jarige ouderdom oorlede is.

Riaan was ‘n veearts met 34 jaar se ondervinding. Voordat hy die Bokkiepark Dierekliniek begin het, het hy onder meer by Boksburg Dierehospitaal en Sherwood Gardens Dierekliniek gewerk, saam met Dr Johann van Niekerk.
Linda het gesê hy het nooit kortpaaie met sy pasiënte geneem nie.

“Hy was ‘n uitstekende chirurg en was baie deeglik.”

Verder het Linda gesê hy was ‘n goeie eggenoot en ‘n betrokke pa. Sy het bygevoeg dat Riaan sy Christenskap ernstig opgeneem het en ‘n lidmaat van die Sunward Park Gemeenskapskerk was.

“Sy grootste vrees was dat sy gesin, vriende en familie nie Jesus ten volle aangeneem het nie,” het sy gesê.
Volgens Linda was Riaan ook ‘n ‘handyman’ wat lief was vir kamp en die buitelewe. Hy het ook diep spore by die Boksburg Rugbyklub getrap.

Lex Thorpe, die klub president, het gesê dit is hartseer en hy was geskok om van Riaan se afsterwe te verneem. Thorpe het genoem dat Riaan in die 90s vir die klub begin speel het.

“Riaan was ‘n goeie speler en toegewyd. Hy was ook betrokke by die jeug.”

Die president onthou nog hoe Riaan sy hond, Bella, na oefeninge saamgebring het. Hy het sy medelye namens die klub aan Riaan se familie en vriende betoon.

“Hy was ‘n groot gees en gaan gemis word.”

Riaan laat ook sy kinders Christiaan, Divan en Liandri, familie en vriende agter.

Lees Ook: ‘Beast’ dies at age 42

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button