Entertainment

Zijn maak steeds golwe in die vermaaklikheidsbedryf

Van Zyl vertolk die rol van Mathys, die skoolhoof se seun.

Eveleigh se Zijn-Rudolph van Zyl se droom om ‘n veelsydige kunstenaar soos Nataniël te wees is besig om ‘n realiteit te word.

Dit kom na die 28-jarige onlangs ‘n verskyning gemaak het in eMedia se Afrikaanse komedie, Die Fakulteit, wat by Hoërskool Oosterlig verfilm is.

Van Zyl vertolk die rol van Mathys, die skoolhoof van die fiktiewe Hoërskool Oos, Dr Reinette Naudé (Bibi du Preez), se seun.

Oor die karakter wat hy vertolk, het van Zyl gesê Mathys is pret en flambojant.

“Mathys is die eienaar van ‘n blommewinkel. Ongelukkig gaan dinge nie goed met die besigheid nie, so hy is ook ‘n ontkleedanser. Reinette het met ‘n skok uitgevind van Mathys se tweede werk by Naledi (Tabitha de Jager) se hennepartytjie,” het van Zyl gesê.

Reinette probeer dan alles om Mathys te help. Sy het besigheid vir die winkel gekry en hom by die skool laat werk.

“Daar ontstaan egter konflik tussen Mathys en die skool se sekretaresse, Annetjie Kitshoff (Leigh-Ann Fourie), omdat hy agter haar werk aan is.”

Van Zyl het vertel dit was ‘n wonderlike ervaring om deel te wees van die reeks.

“Die mense is baie gaaf en dit was lekker om saam met hulle te werk,” het hy bygevoeg.

Dit was vir hom ‘n eer om saam met du Preez en Zoricke Snyman te werk.

Dié kunstenaar onthou hoe hy moes improviseer to hy op Britney Spears se Oops!…I Did It Again moes dans.

“Dit was tydens die episode van Naleldi en Fanie Viljoen (Darius Pretorius) se troue.”

Van Zyl weet nog nie of die reeks ‘n derde seisoen gaan kry nie, maar hoop Mathys is hier om te bly.

Die Fakulteit seisoen twee begin op 14 Julie op eExtra, Openview kanaal 105 en DStv kanaal 195 en is ook beskikbaar om gratis te stroom op eVOD.

Lees Ook: Die Fakulteit is terug vir ‘n tweede seison

Lees Ook: Kunstenaar Zijn-Rudolph is reg om in die Tuin van Eden te stap

   

Related Articles

Back to top button