Local news

Oosies se rugbymanne maak skool trots

Die skool sien uit na volgende jaar se seisoen.

Hoërskool Oosterlig se rugby het hierdie jaar hoë hoogtes bereik.

Oosterlig se eerste span het ‘n droogte van 11 jaar gebreek om hierdie jaar gekroon te word as die Valke-ligawenners van die grootskool-liga.

Die span se naelskraap oorwinning van 25-24 oor Hoërskool Hans Moore is vir die skool ‘n hoogtepunt.

Die o16A-span van Hoërskool Oosterlig.

Verder het die skool se o16A-span ook ‘n goeie dag op kantoor gehad.

Hulle het in die finaal teen Hoërskool Brandwag gespeel en die wedstryd deurgetrek met ‘n telling van 21-3.

Hoërskool Oosterlig se o15A-span.

Die o15A-span moes die knie buig in die finaal teen Leeuwenhof Akademie met 21-6.

Oosterlig is trots op die spanne se prestasies en sien uit na die 2025 seisoen.

Lees Ook: Mnr en Mej Oosterlig aangewys

Lees Ook: Oosterlig se tennisspelers maak reg vir SA’s

   

Related Articles

Back to top button