Local news

Goueaand by Concordia met Joel Stransky en Andrew Mehrtens

Gaste kon ook 'n foto neem saam met 'n replika van die William Webb Ellis-beker.

Dit was ‘n aand van rugby, biltong en lekker kuier op 28 Augustus by Laerskool Concordia se Gouejare Manneaand met 1995 rugbylegendes Joel Stransky en Andrew Mehrtens.

Hierde aand was nie net vir die pret nie, maar ook vir ‘n goeie doel. Die skool het met hierdie inisiatief Concordia se fonds vir behoeftige leerders aangevul.

Rugbyliefhebbers weet dat een van die grootste wedstryde op die rugbykalender ‘n wedstryd is tussen die Springbokke en All Blacks, soos die een op Emirates Airline Park op 31 Augustus.

Dit is moeilik om aan ‘n meer ikoniese wedstryd te dink as die rugbywêreldbekereindstryd tussen die twee spanne in 1995, waar Stransky die Bokke verteenwoordig het en Mehrtens die Kiwis.

Tydens die geleentheid het die twee voormalige losskakels vrae beantwoord oor die wedstryd en dié wat die gaste ook kon instuur.

Oor hulle wedstrydplan daardie tyd het Stransky gesê: “Dit was ‘n eenvoudige plan, moer hulle,” het hy geskerts.

Die voormalige losskakel onthou die groot impak wat Nelson Mandela op die span gehad het.

“Hy het in ons kleedkamer ingestap en ons hande geskud en vir elkeen ‘n boodskap gegee. Dit was die mees opbouende oomblik,” het hy bygevoeg.

Die skare het aan Mehrtens se lippe gehang met sy skerp sin vir humor.

Oor die All Blacks se vleuel Jonah Lomu wat bekendheid verwerf het oor sy grootte en atletiese vaardighede het Mehrtens gesê: “Ons het ‘n faksboodskap van ‘n 10-jarige seun ontvang wat dit op ‘n manier by ons uitgekry het wat lees: ‘Julle moet die bal vir Lomu gee’.”

Andrew Mehrtens, Charel Blignaut (Laerskool Concordia hoof), Martinus Claassen (Laerskool Concordia adjunkhoof) en Joel Stransky.

Mehrtens het ook die haka aangespreek.

“Ons doen nie die haka om ander spanne te intimideer nie. Dit is om die uitdaging neer te lê en dis deel van ons kultuur. Inteendeel, ek het geintimeerd gevoel toe die Springbokke my ‘eyeball’,” het hy bygevoeg.

Oor die wedsrtyd op 31 Augustus het Stransky en Mehrtens gesê hulle glo die Bokke gaan wen.

“Ek kan nie sien hoe hulle gaan verloor nie,” het Stransky bygevoeg.

Daar was nie net rugbylegendes by die manneaand nie. Die voormalige bokser, Brian Mitchell, het ook die geleentheid bygewoon.

Mitchell was ‘n super-veergewigkampioen van die Wêreldboksvereeniging en Internasionale Boksfederasie.

‘The Road Warrior’ is hoe Mitchell in sy fleur bekend gestaan het.

Aanhagers het tou gestaan om saam met Stransky, Mehrtens en Mitchell foto’s te neem.

Hulle kon ook ‘n foto neem saam met ‘n replika van die William Webb Ellis-beker.

Gedurende die aand is daar ook items soos getekende skildery van rugbyspelers opgeveil, asook bokshandskoene geteken deur Mitchell om die skool te help om fondse in te samel.

Dit is nog nie bekend hoeveel fondse ingesamel is nie.

Volgens Stransky is dit geleenthede soos dié wat maak dat die rugbykultuur in Suid-Afrika sterk staan.

Lees Ook: Goudrand proud of rugby teams’ success

Lees Ook: Concordia maak hul hart oop teenoor die Boksburg DBV

   

Related Articles

Back to top button