Sport

Boksburg sukkel teen Vereeniging

Die klub se voorsitter is vol vertroue dat die spelers en afrigters die skip nog kan omdraai.

Die Boksburg Rugbyklub het 66-12 verloor teen Vereeniging in ‘n Presidentsliga-stryd wat op PG Park op 6 April uitgespook is.

Renier Mostert, Boksburg se voorsitter, het gesê dit was ‘n moeilike dag op kantoor vir die span.

“Vereeniging het baie goeie rugby gespeel. Hulle het baie punte aangeteken van die foute wat ons gemaak het,” het Mostert gesê.

Boksburg Rugbyklub en Vereeniging het kragte gemeet in ‘n Presidentsliga-stryd. Foto: Luccia Mashel

Tog gaan die span nie in sak en as gaan lê na die nederlaag nie.

“Die seisoen is nog lank en die afrigters weet waaraan om te werk. Ek vertrou die afrigters en spelers kan die skip nog omdraai. ‘n Liga word nie in April gewen of verloor nie.”

Lees Ook: Springs trap oor ERU

Lees Ook: ERU benodig steeds finansiële bystand

   

Related Articles

Back to top button