Sport

Boksburg Rugbyklub se Wonnie staan vierkantig agter die Bokke

Die manne in groen en goud speel Saterdag 21:00 teen Ierland.

“Springbokke, Boksburg Rugbyklub en almal in Suid-Afrika staan agter julle. Maak ons trots!

“Sterkte, ons almal weet julle kan. Ons mis nie ‘n wedstryd nie. Ons is nie daar nie, maar vat ons gees orals saam jul en gebruik dit.”

Dit is Yvonne Ackerman, oftewel Wonnie, van die Boksburg Rugbyklub se boodskap aan die Springbokke vir die wêreldbeker.

Yvonne het altyd net die rugby gekyk as haar kinders speel. Beide haar seuns Jacques Potgieter en Jean-Pierre (JP) Ackerman, speel vir Boksburg.
Renier Mostert en Rinus van der Linden van die klub het met die 2022 seisoen gevra of iemand hulle kan uithelp met registrasies van die spelers en Yvonne het ingeval en begin help.

“Van daar af het alles net gebeur. Ek het sekretaresse van die senior klub geword het en net meer verantwoordlikhede aangepak.

“Ek doen alle registrasies vir die senior spelers, alle ‘team sheets’ en beheer ook die tegniese tafel op alle wedstryde.

Yvonne is die enigste vrou op die senior bestuur en voel dat sy wel ‘n verskil maak.

“Ek geniet dit om tussen mense te wees en probeer altyd help waar ek kan. Ek sien ook hoe die senior bestuur dit waardeer. Almal het my nog net met respek behandel. Ek kan ook sien dat selfs die spelers het respek vir my as vrou in die ‘manne’ wêreld van rugby,” het sy bygevoeg.

Sy geniet elke oomblik van die rugby. Dit vir haar is wonderlik om te sien hoe die spelers groei in wat hulle geniet en hul beste uithaal vir elke wedstryd,
“Dit laat my voel soos ‘n mamma van al die spelers wie se hart wil bars van trots.”

Die Bokke het Sondag Roemenië 76-0 geklop.

Lees Ook: #GOBOKKE: Bokkoors loop hoog by Laerskool Goudrand

Lees Ook: Kom ons hou die beker hier, Bokke!

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button