Sport

Kom ons hou die beker hier, Bokke!

Hierdie Wêreldbeker toernooi word vanaf 8 September tot 28 Oktober in Frankryk aangebied.

Die OR Tambo Lughawe was op 12 Augustus ‘n see van groen-en-goud toe meer as 1 000 Suid-Afrikaners byeengekom het om die Springbokke sterkte toe te wens vir die Wêreldbeker Rugbytoernooi voordat hulle die aand na Europa vertrek het.

Die Boksburg Advertiser was ook daar om die Bokke te groet en deel te wees van die aksie.

Met mense valle alle agtergronde geklee in groen-en-goud wat dans op Robbie Wessels, een van die gaskunstenaars se Leeuloop, was daar geen tekort aan gees nie. Daar is immers min dinge soos rugby wat Suid-Afrikaners verenig.

Ander kunstenaars soos Bernice West, Early B, Lloyd Cele en die Rasta Rebels het ook die ondersteuners op hul voete gehad.

Toe die klok 14:15 slaan was dit tyd vir die manne van die oomblik om hulle verskyning te maak. Met ‘n groot gejuig van die skare stap die 32 Springbokke wat deel is van die toergroep na die verhoog toe.

Zizi Kodwa, minister van sport, was ook daar om sy ondersteuning te wys.

Die kaptein Siya Kolisi het aan ondersteuners gesê, “Namens ons as span en die bestuur wil ons net dankie sê aan elkeen van julle wat hier is. Ons voel julle energie en ondersteuning. Ek wil ook benadruk dat ons ’n sterk en diverse span is. Ons wil julle trots maak. Ons wil hard werk en sal alles in ons vermoë doen om ons titel te verdedig,” het die kaptein gesê terwyl die skare gejubel hel.

Van die ondersteuners het die geleentheid gehad om vrae aan die spelers te vra.

Een van die vrae was aan die skrumskakel Faf de Klerk gerig, “Wat is jou presiese haarroetine?”

“Ek is nie geseënd met baie lengte nie, maar ek is geseënd met goeie hare,” het hy geskerts.

Duane Vermeulen is gevra hoe opgewonde hy is oor die toernooi, “Die ouens gaan hulle alles gee. Ons sien regtig uit daarna.”

PJ Powers het gehelp om die vrae-en-antwoord sessie op ‘n hoogtepunt af te sluit met ‘n merkwaardige vertoning van die liedjie, World in Union.

Daarna het die spanfoto’s saam met hulle aanhangers geneem en handtekeninge uitgedeel. Al het mense mekaar gestamp en gestoot om ‘n geleentheid te kry om hulle gunsteling spelers te kry, was die Bokke geduldig met hulle aanhangers.

Die Bokke gaan eers na Brittanje, waar hulle twee opwarmingswedstryde gaan speel teen Wallis en Nieu-Seeland.

Op 10 September sal die Bokke in sy eerste groepwedstryd teen Skotland kragte meet.

Hierdie Wêreldbeker toernooi word vanaf 8 September tot 28 Oktober in Frankryk aangebied.

Die land staan vierkantig agter julle, Bokke. Maak ons weer trots. Bring daardie beker huis toe.

Also Read: Well done Springboks!

Also Read: Webb Ellis Trophy returns to South Africa

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button