Local news

Plaaslike VLU geniet vergadering

Lede van die publiek word uitgenooi om aan te sluit by die tak.

Die Vroue Landbou-Unie (VLU) Boksburg-tak het ‘n bittersoet maandvergadering by Zoe Christian Bookshop & Coffeeshop op 7 Junie gehou.

Tydens die vergadering het die vroue afskeid geneem van Magriet Marx (visie voorsitter), wie die tak na ongeveer sewe jaar gaan verlaat omdat sy verhuis na Mosselbaai.

Die tak het vir haar ‘n spesiale geskenk gegee en haar sterkte toegewens met alles wat voorlê.

Die vroue het ook lief en leed gedeel.

Een van die hoogtepunte van die vergadering was die bespreking van ‘n projek vir die VLU Overvaal konferensie wat op 30 en 31 Augustus by Ou Meulstroom gehou gaan word.

Die tak samel plakkies (vir ouderdomme 0-18), deodorant en handdoeke in wat aan organisasies verbonde aan SAVF versprei gaan word.

Skenkings van die publiek sal waardeer word, of ‘n finansiële bydrae wat gebruik sal word om die produkte aan te koop.

Die voorsitter van die tak, Marinda Janse van Rensburg nooi die publiek uit om betrokke te raak.

Die VLU bestaan al vir 90 jaar en is ’n nie-winsgewende organisasie wat die volwasse vroue verryk en bemagtig.

Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Vir meer inligting, skakel Janse van Rensburg by 072 120 7086.

Lees Ook: What’s On in Boksburg

Lees Ook: Boksburg VLU spog met nuwe voorsitter

   

Related Articles

Back to top button