Schools

Springs trap oor ERU

Die klub het steeds finansiële bystand nodig en nooi die publiek uit om hul fondsinsameling-projekte te ondersteun.

East Rand United het met 67–17 teen Springs Rugbyklub in Reiger Park op 13 Mei verloor.

Dit beteken dat Springs die eerste ronde van die Valke Peregrine-liga onoorwonne afsluit.

Toe die fluitjie vir halftyd blaas het die besoekers 19–10 voorgeloop.

Volgens United se voorsitter, Marius de Vos, hou die klub rugby lewendig.

“Alles gaan oor rugby. Ons het voldoen aan die Valke se reëls in moeilike omstandighede. Die spreiligte by die klub werk steeds nie. Die spelers moet ook in die donker voorberei vir wedstryde. Ons maak gebruik van karre se ligte.

“Springs is maar die juweel van die Peregrine-liga,” het hy verduidelik.

Volgens die voorsitter het spelers soos die kaptein Cameron Rooi en Calvin Maduna uitgestaan.

De Vos het benadruk die klub is besig om fondsinsamelingprojekte aan te pak.

United hou op 14 Julie ‘n Old School Music Evening met DJ Jazzy D te Reiger Park Civic Centre.

Vir meer inligting, kontak De Vos op 081 524 6950.

Lees Ook: East Rand United beat Boksburg in nail-biting game

Lees Ook: East Rand United sukkel teen Vereeniging

   

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button