Henco Potgieter het sewe onderskeidings behaal in Afrikaans HT, Engels EAT, wiskunde, rekeningkunde, inligtingstegnologie, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering.
Hoërskool Dr EG Jansen het ‘n slaagsyfer van 98.6% behaal.
Dit is ‘n afname van verlede jaar se slaagsyfer van 98.8%.
‘n Totaal van 214 matrieks het eksamen geskryf en 77% het geslaag met universiteitsvrystelling.
“Ons is baie trots op die martriekuitslae. Dit het gepaard gegaan met harde werk. Die skool wens die klas van 2022 alles van die beste toe vir die toekoms,” het die skoolhoof, Leon de Beer, gesê.
Kimé Steenkamp het vyf onderskeidings behaal in Afrikaans HT, Engels EAT, rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie en lewensoriëntering.
Vianette de Kock het vier onderskeidings behaal in Afrikaans HT, Engels EAT, rekenaartoepassingstegnologie en lewensoriëntering.
Haylee Bronkhorst het ses onderskeidings behaal in wiskundige geletterdheid, Afrikaans HT, Engels EAT, besigheidstudies, verbruikers en lewensoriëntering.
Clarinda Stols het vier onderskeidings behaal in rekeningkunde, besigheidstudies, Engels EAT en lewensoriëntering.
Wernard Kruger het vyf onderskeidings behaal in rekeningkunde, rekenaartoepassingstegnologie, Engels EAT, lewensoriëntering en verbruikers.
Jessica Botha het vier onderskeidings behaal in Afrikaans HT, English EAT, wiskundige geletterdheid en lewensoriëntering.
Kayla Branders het vier onderskeidings behaal in rekenaartoepassingstegnologie, Engels EAT, lewensoriëntering en wiskundige geletterdheid.
Lowell Bezuidenhout het ses onderskeidings behaal in wiskunde, Afrikaans HT, Engels EAT, rekenaartoepassingstegnologie, inligtingstegnologie en lewensoriëntering.
Dione Stolz het onderskeidings behaal in wiskundige geletterdheid, besigheidstudies en lewensoriëntering.
Also Read: Matrics: There is a second chance to follow your dream career
Also Read: Matrics ready for final exams
You can read the full story on our App. Download it
here .