Local news

Stylvolle eerste vergadering van die jaar vir Boksburg VLU

Lede van die publiek word uitgenooi om aan te sluit by die tak.

Die Vroue Landbou-Unie (VLU) Boksburg-tak het die jaar met styl afgeskop tydens ‘n algemene maandvergadering te Boksburg Glass op 11 Januarie.

Tydens die vergadering het die vroue lief en leed gedeel. Verder het die lede onder andere heerlike verversings geniet.

Die VLU bestaan al vir 90 jaar en is ’n nie-winsgewende organisasie wat die volwasse vroue verryk en bemagtig.

Hulle glo in bemagtiging deur vaardighede en kennis met mekaar te deel.

Die Boksburg VLU kom elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 by die Klipkerk bymekaar.

Kontak Alta Prinsloo by 082 612 0844 vir meer inligting en navrae.

Lees Ook: Boksburg VLU sluit jaar af

Lees Ook: Boksburg VLU geniet vergadering

   

Related Articles

Back to top button