Local news

100 rose vir Dina

Dina gaan op 7 Januarie haar 100ste verjaarsdag saam met vriende en familie vier.

Honderd rose is wat Dina Maria van Wyk, ‘n inwoner van die Alan Woodrow Park Aftree-Oord van haar familie ontvang het.

Een dus vir elke bestaansjaar.

Dina het op 4 Januarie haar 100ste verjaarsdag in styl gevier. Sy mag nou ‘n eeu oud wees, maar sy het nog ‘n helder verstand. Sy loop net met hulp.

Sy is in 1923 in Middelburg, Mpumalanga, gebore en het in Newcastle grootgeword. Sy bly al 50 jaar in Boksburg en het ook voorheen in Florida en Pretoria gewoon.

Dina was getroud met Jan van Wyk, wat ‘n skoolhoof was.

Vir jare was Dina ‘n ondersteunede huisvrou met vele talente. Sy was onder meer lief vir klere maak en tuinwerk.
Haar sleutel tot ‘n lang en suksesvolle lewe is ‘n eenvoudige lewe en wonderlike ondersteuning wat haar deur haar lewe gedra het.

“Van die begin van my lewe het die Here sy hand oor my gehad. Ek voel steeds dieselfde, ek het net stadiger geword,” het sy geskerts.

Haar ander stokperdjie sluit lees in en sy het ook ‘n passie vir klassieke musiek. Dina was ook lief daarvoor om te reis- haar lang toere deur Europa was spesiaal.

Tog sê sy die groot hoogtepunt in haar lewe was die geboorte van haar drie dogters, Zillah Pretorius, haar tweeling Magda Weppener en Amanda Lubbe, sewe kleinkinders en 10 agter kleinders.

Haar oudste dogter Zillah het haar beskryf as tevrede, goed gefokus, ‘n matige mens en kind van die Here.

Om haar spesiale dag te vier, het familie koek en tee by haar woonstel geniet.

Lees Ook: Celebrating 100 years of living in the East Rand

Lees Ook: 100 candles for Joan

   

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button