Local news

Plaaslike danser reik na die sterre

Die plaaslike skoonheid beplan om volgende jaar aan meer kompetisies deel te neem.

Beyers Park se Jaqueline Cronje het weer Boksburg se naam hoog gehou by die Fitness Runway Model South Africa-kompetisie op 15 Oktober te Monte De Dios.

Die 21-jarige dansinstrukteur het eerste gekom in die vroulike model kategorie.

Cronje sy is steeds in haar noppies oor haar prestasie.

“Hierdie was een van daardie kompetisies waar die standaard so hoog was dat ek regtig gevoel het almal verdien om te wen. Ek het die ongelooflikste mense ontmoet.”

Sy bedank Lauren-Leigh Porter en haar ouers vir hulle ondersteuning.

Cronje is klaar met kompetisies vir die jaar, maar sy beplan om volgende jaar aan meer modelkompetisies deel te neem.

“Ek wil graag ‘n naam maak vir myself.”

Verder het Jaqueline ook ‘n eerste plek behaal by die IBFF Africa Cup wat op 24 September in Pretoria uitgespook is.

Lees Ook: Local dancer crowned Miss Body Beautiful Teen SA

Lees Ook: Local shines at Pro Diva fitness competition

   

Related Articles

Back to top button